Banier
WELKOM!   INLIGTING   DIENS   AFLAAIE   LEES   KYK   TROUES   SKAKELS
Home You are here Tuiste
 

Tyd ná Epifanie

Epifanie

Teken aan




   Login reminder    Register

Teks van die dag

Julle is gelukkig as julle elke dag uit God se hand leef. As julle heeltyd van sy goedheid afhanklik is, sal Hy sorg dat daar vir julle plek is in sy nuwe wêreld.
(Matt 5:3, Die Boodskap)

Gebedsprogram

Die Church of England het 'n baie sinvolle daaglikse gebedsprogram. Dit is hoogs aan te beveel!

Kommentaar

 
   
Herlewingsweek PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Carel Lotz   
Sondag, 02 Augustus 2009 21:32

Herlewingsweek 4-6 September 2009

Faurestraatsportkompleks (2 000 persoon tent)

 

Vanjaar word die Herlewingsweek beplan oor die naweek van die 4-6 September en lyk die program soos volg:

 

Vrydag 4 Sept

  • 9h00-12h00:   Leierskapseminaar: Wat leiers moet weet in verband met Stedelike Transformasie/Herlewing.  Sprekers: Werner Swart en Joseph Okia van Uganda
  • 19h00-21h00:  Erediens: Wat ons moet weet en doen om verandering in ons dorp te bewerk.  Sprekers: Werner Swart en Joseph Okia van Uganda

Saterdag 5 Sept

  • 10h00-12h00:  Gebedsevangelisasie opleiding: hoe om mense in God se koninkryk te kry: Dr Eddie Daniel  
  • 15h00-16h30:  Wêreldwye Transformasiemodelle: Wat kan ons by ander plekke leer?  Werner Swart en Joseph Okia
  • 19h00-21h00:  Die ware kerk volgens Handelinge.  Watter Gees beweeg die kerk?  Dr Eddie Daniel van Grahamstad

Sondag 6 Sept

  • 10h00-12h00    Gesinsdiens.  Kan kinders bid?  Hoe kan ons kinders ons gemeenskap verander?  Biskop Peter Sekhonyane en jeugspan van “Orange Farm”
  • 12h00              Liefdesmaal:  Getuienisse van Paarlmoeders:  Gesamentlike Nagmaal
  • 14h00-17h00    Oop uitnodiging vir mense wat gebed nodig het
  • 17h00-20h00    Lering ten opsigte van gebed: Biskop Peter Sekhonyane, Pas Joseph Okia en Dr Eddie Daniel

 

Bogenoemde program is ‘n program wat ons glo die geestelike klimaat van ons dorp gaan verander.  Daar is op die oomblik nog ‘n geweldige groot tekort op die begroting vir hierdie naweek.  Sal julle asseblief daarvoor bid en terselfdertyd by die Here hoor of jy nie iets hiervoor moet bydra nie.   Bydraes kan by die Kerkkantoor afgegee word spesifiek vir die Herlewingsweek of elektronies oorgedra word na Reknaam: Paarl Ministers Fraternal Reknr 072186437 Bank: Standardbank, takkode 050210.         

Laas Opdateer op Dinsdag, 04 Augustus 2009 08:02
 

Lewer jou kommentaar hier, asb.


Sekuriteitskode
Verfris

Kopiereg © 2012 Toringkerk NG Gemeente. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
Top