Banier
WELKOM!   INLIGTING   DIENS   AFLAAIE   LEES   KYK   TROUES   SKAKELS
Home You are here Tuiste
 

Tyd ná Epifanie

Epifanie

Teken aan




   Login reminder    Register

Teks van die dag

U Woord maak my lewe vol blydskap; dit wys my hoe om elke dag te leef. (Ps 119:24, Die Boodskap)

Gebedsprogram

Die Church of England het 'n baie sinvolle daaglikse gebedsprogram. Dit is hoogs aan te beveel!

Kommentaar

 
   
Kleingroepe PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Maandag, 17 Januarie 2011 00:00

altOns kleingroepprogram vir die eerste kwartaal 2011 is As Jesus in jou lewe instap.

Ons gaan by verskillende gesprekke wat Jesus in die Johannes-Evangelie gehad het, stilstaan. Wanneer Jesus in jou lewe instap, gee Hy nie net 'n klomp opdragte af wat jy moet gaan doen nie. Hy gaan sit langs jou, luister met deernis na jou behoeftes, en help jou om iets te snap van sy plan met die wêreld en met jou lewe, sodat jy met 'n roeping kan gaan leef.

Ons wil jou uitnooi om by een van ons kleingroepe in te skakel. Vir meer inligting kan jy gerus vir Jaco (0845231157) of Christo (0844900923) kontak.

Ons program lyk soos volg:

As Jesus in jou lewe instap ...

1.     ... laat Hy jou opkyk na die kruis
Jesus en Nikodemus (Joh 3:1-21)
23 Januarie

2.     ... word jy nooit weer dors nie
Jesus en die Samaritaanse vrou (Joh 4:1-30, 39-42)
30 Januarie

3.     ... dring Hy Hom nie aan jou op nie
Jesus en die verlamde man by Betesda (Joh 5:1-17)
6 Februarie

4.     ... herstel Hy jou menswaardigheid
Jesus en die vrou wat in owerspel betrap is (Joh 8:1-11)
13 Februarie

5.     ... kan jy nie neutraal bly nie
Jesus en die blindgebore man (Joh 9:1-12, 24-41)
20 Februarie    12

6.     ... wyk selfs die dood!
Jesus by Marta en Maria (Joh 11:1-7, 17-28, 32-44)
6 Maart 

7.     ... leer jy wat diensbaarheid beteken
Jesus en sy dissipels (Joh 13:1-17)
13 Maart

8.     ... verkondig ons sy dood totdat Hy kom
Groot Lydensweek-liturgie
27 Maart

Laas Opdateer op Dinsdag, 15 Maart 2011 08:06
 

Lewer jou kommentaar hier, asb.


Sekuriteitskode
Verfris

Kopiereg © 2012 Toringkerk NG Gemeente. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
Top