Banier
WELKOM!   INLIGTING   DIENS   AFLAAIE   LEES   KYK   TROUES   SKAKELS
Home You are here Tuiste
 

Tyd ná Epifanie

Epifanie

Teken aan




   Login reminder    Register

Teks van die dag

Ek wil hê julle moet iets vir My doen: die wêreld is nou julle sendingveld. Gaan oral na almal toe en daag hulle uit om My sonder enige voorwaarde of verskonings te volg.
(Matt 28:19, Die Boodskap)

Gebedsprogram

Die Church of England het 'n baie sinvolle daaglikse gebedsprogram. Dit is hoogs aan te beveel!

Kommentaar

 
   
Jesus se menslikheid PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Dinsdag, 15 Junie 2010 15:30
Ek is op die oomblik besig met die Markus-Evangelie. In die lees raak ek toenemend bewus van Jesus se menslikheid. Ons relativeer maklik Jesus se lyding en sterwe vanuit die perspektief dat Hy ook ware God is, en, so verbeel ons onsself, dit beteken dat Hy sy lyding makliker kon hanteer.
Twee goed wat ek vanoggend gelees het, het my opnuut laat besef hoe verkeerd dié opvatting is, en my weer Jesus se offer skerp laat verstaan. Die eerste is waar Hy oor die wederkoms praat asof dit nog in sy hoorders se leeftyd sou gebeur (Mark 13:30). Ons weet uit die goed wat in die sendbriewe geskryf is, dat die dissipels dit inderdaad ook so verstaan het. Toe ek daaroor nadink om te verstaan hoekom Jesus so iets gesê het, het dit my skielik getref: Hy was 'n mens, sonder die voordeel van alwetendheid. Daarom klink sy uitsprake hier baie soos dié van die profete, wat nie altyd goed kon onderskei hoe ver in die toekoms dít wat hulle voorspel, gelê het nie. In Jesus se voorspelling loop dít wat in 70nC gebeur het toe Jerusalem verwoes is, en dit wat met die wederkoms sal gebeur, ietwat deurmekaar, want as mens het Hy nie die twee uitmekaar kon haal nie, amper soos Johannes die Doper wat nie dít wat Jesus met sy eerste koms kom doen het, verstaan het nie omdat hy dít wat by die wederkoms sal gebeur, tóé al verwag het. En in 13:32 sê Jesus dit self ook: niemand weet wanneer dit sal gebeur nie, ook nie die Seun nie; net die Vader.
Later lees ek van Jesus se worsteling in Getsemane (14:34ev), van sy doodsbenoudheid en sy smeking dat die Vader sy komende lyding sal wegneem. 'n Mens sal dit nie goed kan begryp as jy daar aan Hom as Seun van God dink nie. Hy staan daar in al sy menslike broosheid op sy knieë en worstel met God se plan vir sy lewe; 'n plan wat lynreg indruis teen wat Hy graag self wil hê. En tog druk hy deur, omdat die Vader nee gesê het op sy smeking.
Dis nie net ek en jy wat met vrae en onduidelikhede en vaaghede in ons geloof sit nie. Dis nie net ek en jy wat soms 'n nee by God kry nie. Jesus het ook. Dís hoekom Hy ons Leidsman kan wees.
Ek dink dis iets waaroor ons Hom kan prys. Dink jy nie ook so nie?
 

Lewer jou kommentaar hier, asb.


Sekuriteitskode
Verfris

Kopiereg © 2012 Toringkerk NG Gemeente. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
Top