Ek leef net uit God se hand. Tot Hom bid ek. Die Here sal my uit hierdie probleem red. Enige tyd van die dag of nag kan ek met Hom praat. Ek sal vir die Here sê wat my pla. Ja, ek sal my hart vir Hom oopmaak. Hy weet wat my ongelukkig maak. Hy help my as ek sy hulp vra. Hy maak dit weer kalm in my. (Ps 55:17-19, Die Boodskap)
Wonderbare God,
u hele skepping besing u wonderlike werk;
mag die hemel se lof só in ons harte weerklink
dat ons goeie rentmeesters van die aarde sal wees;
deur Jesus
Die Church of England het 'n baie sinvolle daaglikse gebedsprogram. Dit is hoogs aan te beveel!