Mense-banier.jpg
WELKOM!   INLIGTING   DIENS   AFLAAIE   LEES   KYK   TROUES   SKAKELS
Home You are here Tuis
 

Pinkster

Teken aan

no administrator/



   Login reminder    Register

Teks van die dag

Wees bly, almal wat daarna smag om by die Here te wees.
Vra vir die Here om heeltyd by julle te wees met sy groot krag.
Moenie dat daar ’n dag verbygaan dat julle nie naby Hom is nie.
(Ps 105:3-4. Die Boodskap)
 
   
Jaco Thom
Predikant

Kontak
Adres:
Du Toitstraat 7A
Paarl
Wes Kaap
7646
Suid Afrika

E-pos: Hierdie e-posadres is teen spambots beskerm, jy benodig Javateks om die e-posadres te kan sien.
Telefoon: 021 872 4565
Faks: 086 545 2987
Selfoon Nommer: 084 523 1157
http://www.toringkerk.co.za

Inligting:

Leraar vir Kleingroepe & Administrasie


Jaco is verantwoordelik vir die Kleingroepbediening in Toringkerk. Hy begelei die kleingroepleiers en ontwikkel nuwe gespreksmateriaal vir die kleingroepe.
Hy is ook aan die stuur van Administrasie. Die bestuur van die kerkkantoor se toerusting, die kommunikasie van die kerkraad via die weeklikse Toringkerk Nuus en e-pos en sms'e asook die ontwikkeling en instandhouding van die webwerf maak deel uit van sy taak.

Jaco glo hy het 'n roeping om mense vaster aan die Bybel te bind. Die Bybel is nie net God se woord aan ons nie; dit is ook die boek waarin 'n gelowige God se hart leer ken en waardeur hy verstaan hoe God se kinders moet lyk en leef. Daarom sien hy sy skryfwerk as deel van sy roeping as bedienaar van die Woord, want daardeur wil hy die Bybel vir mense meer toeganklik maak.

Jaco is in 1957 in Bedford in die Oos-Kaap gebore. Hy begin skoolgaan aan die Laerskool Lochnerhof in die Strand. Daarna was hy aan verskeie skole in die Transkei. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Outeniqua in George.
Hy word in 1982 op Stellenbosch gelegitimeer en verwerf in daardie selfde jaar 'n M.Th in Nuwe Testament. Sy tesis was: "Die forensiese motief in die Johannes-Evangelie".
Sy eerste gemeente was Monument in Bloemfontein, waar hy in Februarie 1985 georden is. In September 1991 word by bevestig as leraar van Toringkerk (toe nog Noorder-Paarl).
Jaco is getroud met Elmien, 'n nooi Van der Merwe uit die Koue Bokkeveld. Hulle het 3 dogters: Matildie, Maryke en Elmien.

Stuur vir Jaco 'n epos:


 














Kopiereg © 2012 Toringkerk NG Gemeente. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
Top