|
Geskryf deur Webmeester
|
|
Dinsdag, 07 Februarie 2012 21:23 |
|
Ludwig, wat van 1990 tot 2007 aan Toringkerk verbonde was, eers as polisiekapelaan en later as tentmaker, is Dinsdag 7 Februarie 2012 tragies oorlede. Die begrafnisdiens was Vrydag in Centurion. Ons harte gaan uit na Cari en hulle seuns Johan, Bertie en Hein.
Ons sal Ludwig onthou vir sy liefde vir en toewyding aan die Here, vir sy uitstekende preke met diepsinnige inhoud, en ook vir sy humorsin en onuitputlike arsenaal van grappies, wat hy na willekeur op die regte tyd kon vertel. Ons sal hom baie mis.
|
|
Laas Opdateer op Donderdag, 09 Februarie 2012 21:41 |