|
Ons kleingroepprogram vir die eerste kwartaal 2011 is As Jesus in jou lewe instap.
Ons gaan by verskillende gesprekke wat Jesus in die Johannes-Evangelie gehad het, stilstaan. Wanneer Jesus in jou lewe instap, gee Hy nie net 'n klomp opdragte af wat jy moet gaan doen nie. Hy gaan sit langs jou, luister met deernis na jou behoeftes, en help jou om iets te snap van sy plan met die wêreld en met jou lewe, sodat jy met 'n roeping kan gaan leef.
Ons wil jou uitnooi om by een van ons kleingroepe in te skakel. Vir meer inligting kan jy gerus vir Jaco (0845231157) of Christo (0844900923) kontak.
Ons program lyk soos volg:
As Jesus in jou lewe instap ...
1. ... laat Hy jou opkyk na die kruis Jesus en Nikodemus (Joh 3:1-21) 23 Januarie
2. ... word jy nooit weer dors nie Jesus en die Samaritaanse vrou (Joh 4:1-30, 39-42) 30 Januarie
3. ... dring Hy Hom nie aan jou op nie Jesus en die verlamde man by Betesda (Joh 5:1-17) 6 Februarie
4. ... herstel Hy jou menswaardigheid Jesus en die vrou wat in owerspel betrap is (Joh 8:1-11) 13 Februarie
5. ... kan jy nie neutraal bly nie Jesus en die blindgebore man (Joh 9:1-12, 24-41) 20 Februarie 12
6. ... wyk selfs die dood! Jesus by Marta en Maria (Joh 11:1-7, 17-28, 32-44) 6 Maart
7. ... leer jy wat diensbaarheid beteken Jesus en sy dissipels (Joh 13:1-17) 13 Maart
8. ... verkondig ons sy dood totdat Hy kom Groot Lydensweek-liturgie 27 Maart |