Koraalbanier.jpg
WELKOM!   INLIGTING   DIENS   AFLAAIE   LEES   KYK   TROUES   SKAKELS
Home You are here Tuis > Diensgeleenthede
 

Pinkster

Teken aan




   Login reminder    Register

Teks van die dag

Here, U het ’n sagte hart.
U gee maklik goeie dinge aan ons.
U is vol goedheid.
U het almal baie lief wat aan U behoort.
(Ps 86:15-16, Die Boodskap)
 
   
Diensgeleenthede PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Maandag, 25 Mei 2009 13:43
Artikel Indeks
Diensgeleenthede
ACVV
Badisa
Danny se Juniors
Erediensbeplanning
Gasvryheidspan
Gebedsgroep
Haweloses: Kleingroep
Haweloses: Naweek Kosprojek
Haweloses: Sopkombuis
Haweloses: Uitreikdiens
Hospice
Hospitaalbesoekspan
Kerkgebou Toesig
Klerebank
Kospakkies
Lingelihle Crèche
Miqlat
Monte Christo Ministries
Monte Christo: Butterfly House
Monte Chriso: Sopbediening
Munisipaliteit
Paarl Hospitaal
Rusoord Siekeboeg: Toiletware
Rusoord en Huis Vergenoegd
Salvation Army: Island of Hope
TC Newman Daghospitaal
The Haven Nagskuiling
Trompie Bewaarskool
Valcare
Alle bladsye

Diensgeleenthede in Toringkerk

saam is ons beter

Mei 2009

Liewe Toringkerk Kleingroep

Die Here het julle nodig om sy hande en voete, sy ore en sy stem by mense te wees. Ja, laat ek dit weer sê: Die Here het julle nodig, want onthou: ONS IS DIE BOODSKAP!

Hierdie gids wil julle bekendstel aan party van die wonderlike geleenthede in ons onmiddellike omgewing waar julle betrokke kan raak. Uit die aard van die saak is hierdie gids slegs ’n baie bondige opsomming van die ongelooflike werk wat daar op talle terreine gedoen word, en die verbysterende nood en behoeftes in ons omgewing. Julle sal eers werklik ’n idee kan vorm van waar en hoe julle kan werk as julle self met die mense en instansies praat. Daarom is daar kontakbesonderhede ook. Maak gerus ’n afspraak en gaan kuier by die mense sodat julle meer kan uitvind en by dié plek kan werk waar julle weet die Here julle wil hê. Die gids is ook nie volledig nie, en julle hoef julle nie te beperk tot die geleenthede wat in hierdie gids gelys is,as die Here ’n ander diensterrein op julle hart lê nie.

Die diensgeleenthede is alfabeties gerangskik, sonder om die aard of prioriteit daarvan in berekening te bring, so blaai asb maar rustig deur die hele lys en kyk of daar iets is wat julle oog vang.

Ons gebed is dat julle met die gesindheid van ons Here Jesus, en met oorgawe, aan een van hierdie projekte sal deelneem, vir hulle én vir julle tot seën. Mag julle die vreugde van saamwerk beleef, en opnuut ontdek: saam is ons beter!

Die genade van die Here Jesus sal by julle wees.

Jaco Thom
namens die leraars

Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.
Gal. 6:9,10




Laas Opdateer op Maandag, 12 April 2010 13:02
 

Lewer jou kommentaar hier, asb.


Sekuriteitskode
Verfris

Kopiereg © 2012 Toringkerk NG Gemeente. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
Top