Orrel-banier.jpg
WELKOM!   INLIGTING   DIENS   AFLAAIE   LEES   KYK   TROUES   SKAKELS
Home You are here Tuis > KYK > Latest
 

Pinkster

Teken aan




   Login reminder    Register

Teks van die dag

Net so gaan dit met mense wat glo: hulle is soos goeie wyn in nuwe houers. Hulle moet op ’n nuwe manier leef. Hulle moet leef soos mense wat deel is van God se nuwe wêreld.
(Luk 5:39, Die Boodskap)
 
   
Latest
Mozart Requiem op 27 Mei in Toringkerk PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Maandag, 16 April 2012 16:00

altDie heel laaste werk wat die geniale Wolfgang Amadeus Mozart gekomponeer het, was sy Requiem; 'n aangrypende mis vir die dode. Vanjaar, op Sondag 27 Mei om 16:00, kom voer die Stellenbosch Libertaskoor & Camerata Tinta Barocca onder leiding van Johan de Villiers hierdie werk in Toringkerk uit!

Toringkerk met sy gewyde atmosfeer en uitstekende akoestiek maak dit die ideale ruimte om die Requiem te beleef.

Die konsertmeester is Jürgen Schwietering, en die soliste is  Zanne Stapelberg (sopraan), Minette du Toit-Pierce (alt), Thomas Erlank (tenoor) en André Howard (bas). Zorada Temmingh bespeel die orrel.

Laas Opdateer op Donderdag, 03 Mei 2012 21:44
 
Toringkerk hou Familiefees by La Rochelle PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Sondag, 18 Maart 2012 22:05

Ons het op Sondag 18 Maart 'n heerlike familiefees by La Rochelle gehou.

Kyk gerus hier na die foto's.

Laas Opdateer op Maandag, 19 Maart 2012 09:02
 
Kerk in Europa: nie net negatief PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Dinsdag, 14 Februarie 2012 12:19

Ons word dikwels met 'n donker prentjie gekonfronteer as ons van die kerke in Europa hoor; hoe vinnig hulle kwyn en toemaak.

Daar is ook 'n ander verhaal wat ons dalk nié so dikwels hoor nie: een van nuwe groei. Kyk gerus na hierdie artikel!

Laas Opdateer op Dinsdag, 14 Februarie 2012 12:24
 
Ds Ludwig Gebhardt † 7 Februarie 2012 PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Dinsdag, 07 Februarie 2012 21:23

Ludwig GebhardtLudwig, wat van 1990 tot 2007 aan Toringkerk verbonde was, eers as polisiekapelaan en later as tentmaker, is Dinsdag 7 Februarie 2012 tragies oorlede. Die begrafnisdiens was Vrydag in Centurion. Ons harte gaan uit na Cari en hulle seuns Johan, Bertie en Hein.
Ons sal Ludwig onthou vir sy liefde vir en toewyding aan die Here, vir sy uitstekende preke met diepsinnige inhoud, en ook vir sy humorsin en onuitputlike arsenaal van grappies, wat hy na willekeur op die regte tyd kon vertel. Ons sal hom baie mis.

Laas Opdateer op Donderdag, 09 Februarie 2012 21:41
 
Die Bybel in Afrikaans: 'n direkte vertaling PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Maandag, 16 Januarie 2012 15:23

Begeleidingskomitee

Die Bybelgenootskap het tans 'n groot span teoloë en taalkundiges wat werk aan 'n nuwe vertaling in Afrikaans, gebaseer op die brontale (Hebreeus, Aramees en Grieks). Dit is 'n meer direkte vertaling, in teenstelling met die 1983-vertaling, wat as 'n dinamiese ekwivalente vertaling beskryf is.

Die vertaling neem verskriklik (te?) lank omdat soveel kerke moontlik by die proses betrek word.

Gaan kyk  en lees self; die Bybelgenootskap het al 'n hele paar dele vir kommentaar op die internet gepubliseer. Jy kan dit hier lees.

 
Is dit klaar met die kerk? Moenie glo nie! PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Donderdag, 12 Januarie 2012 10:20

Die afgelope tyd word daar dikwels gesê die kerk se tyd is verby, die kerk gaan nie die 21ste eeu oorleef nie, die kerk het niks meer te bied vir moderne mense nie. Onlangs het daar twee artikels verskyn wat 'n totaal ander prentjie skets. Nie net is die kerk nog lank nie by deure toemaak nie, die kerk is besig om te groei ná die dramatiese inkrimping in die laaste helfte van die 20ste eeu. Lees gerus hierdie artikels:

 
'n Woord van die Moderatuur, Wes-Kaap PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Vrydag, 02 Desember 2011 10:41

Ons verstaan dat daar lidmate is wat ook in hierdie dae twyfel en vrae vra.  Dis menslik om te twyfel.  Ons verstaan ook dat die Kerk nie daar is om valse en goedkoop sekerhede te bied nie.  Tog is dit ons oortuiging dat die Kerk nie daar is om mense se twyfel te verhoog nie, maar juis om mense vanuit hul twyfel na geloof en sekerheid te begelei.

 
Dis Adventstyd! PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Sondag, 27 November 2011 07:00

AdvenstkransSondag 27 November 2011 is die Eerste Adventsondag. In die Adventstyd wag ons op die koms van Jesus Christus, en vier ons sy eerste koms op Kersdag.

Die liturgiese kleure vir die Adventstyd is koningsblou en purper. In aansluiting hierby is die webwerf se kleur ook nou verander.

Vir meer inligting oor die Adventstyd kan jy hier lees.

Laas Opdateer op Saterdag, 26 November 2011 21:44
 
Ons verf Trompie se klimrame PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Saterdag, 19 November 2011 15:49

Op Saterdag 19 November, die warmste dag nóg hierdie somer, het 'n klompie Toringkerkers die klimrame van die ACVV se Trompie Bewaarskool gaan verf.

Jy kan na al die foto's hier gaan kyk.

Links wys hoe dit vóór ons begin het gelyk het, en regs is die eindproduk.

alt

alt

Laas Opdateer op Saterdag, 19 November 2011 16:24
 
Belydenisaflegging 6 November 2011 PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Sondag, 06 November 2011 22:13

Elf tieners het op 6 November 2011 belydenis van hulle geloof afgelê. Dit was 'n baie mooi geleentheid en 'n geseënde dag vir Toringkerk. Baie geluk aan al die Larries. Ons bid julle die seën van die Here toe!

Jy kan hier na die foto's gaan kyk.

Laas Opdateer op Vrydag, 11 November 2011 19:41
 
Nuutste toevoeging tot die Toringkerk familie! PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Maandag, 19 September 2011 09:29

Christo en Marissa se tweede seun is vanoggend (19 September) om 5:15 gebore. Dit gaan goed met ma en seun. Baie, baie geluk, Christo en Marissa! Ons is saam met julle en Ruben trots en dankbaar en opgewonde! En sterkte vir die grootmaak. Genade en wysheid en geduld ...

Laas Opdateer op Donderdag, 22 September 2011 08:49
 
Cooking with other people PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Nigella Lawson   
Woensdag, 07 September 2011 14:24

In die lig van ons reeks oor verhoudings, en hoe belangrik dit is dat ons saam met ons geliefdes dinge moet doen, is hierdie aanhaling van die Britse chef Nigella Lawson presies in die kol:

"I love having someone in the kitchen just to talk to as I chop, and weigh, and stir, and generally get things ready. I love cooking with other people, too. I do it rarely, though used to often with my sister Thomasina. There's something about that industrious intimacy that is both cushioning and comforting, but also hugely confidence-building. I love that sense of companionable bustle, of linked activity and joint enterprise. It makes it easier to attempt food that normally you would shrink from, not because you rely on another's superior capabilities or experience necessarily, but because you aren't isolated in the attempt. Everything doesn't feel geared towards the end product because it is a shared activity - and that itself is pleasurable. You feel a sense of satisfaction about the process. It isn't drudgery. [....] For me, so much of cooking in advance is tied up with that image, that idea: that's when cooking feels like the making of provisions, the bolstering up of a life."

Laas Opdateer op Woensdag, 07 September 2011 14:46
 
Webwerf-opname PDF Afdruk E-pos

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan ons opname om ons webwerf te evalueer.

Van die (oorweldigend positiewe) kommentaar wat ons tot dusver gekry het, is:

Laas Opdateer op Maandag, 29 Augustus 2011 16:20
 
Dis 'n wonderwerk! PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Woensdag, 24 Augustus 2011 08:44

Bid vir zaneZané Koch, 'n 2 jaar en 4 maande oue Toringkerk lidmaat, is verlede week in Rooi Kruis Kinderhospitaal opgeneem nadat 'n kwaadaardige gewas so groot soos 'n tennisbal in haar brein ontdek is. Die prognose was glad nie goed nie, en dokters het haar ouers, Ian en Dorita, voorberei op die ergste. Minstens sou sy die gebruik van haar regterkantse spiere verloor, want hulle sou die helfte van haar linker frontale lob moes verwyder. Hulle het ook gewaarsku dat sy waarskynlik nie weer sou kon praat nie.

Die operasie is Dinsdag 23 Augustus gedoen.

Ian en Dorita skryf: Die operasie was een reuse sukses die dr's smile van oor tot oor, hul kon die hele "tumour" verwyder, nou is dit net die pad na herstel en na die biopsie met watter kanker ons tedoen het en watse behandeling volg, ons is oor die eerste groot drumpel.

Laas Opdateer op Woensdag, 24 Augustus 2011 09:14
 
Pinkster 2011: vernuwe, verryk, verdiep! PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Dinsdag, 31 Mei 2011 20:45

PinksterOns fokus vanjaar op enkele minder bekende verhale in die Bybel, met die oorkoepelende tema: GOD IS ANDERS AS WAT JY DINK. Ons glo dit sal vir ons almal help om nuut te dink oor God en ons lewe voor Hom. Hoe het Paulus nou weer in Rom 12:2 gesê? ... laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Bid asb saam dat dit, deur die werking van die Gees, in hierdie Pinkstertyd (opnuut) met ons almal sal gebeur. Bid asb vir Christo en Jaco wat

Laas Opdateer op Donderdag, 09 Junie 2011 18:15
 
Nuwe foto's opgelaai! PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Dinsdag, 31 Mei 2011 19:42

Markdag 2011Ons het 'n hele klomp nuwe foto's opgelaai oor

Gaan loer gerus daar.

Laas Opdateer op Dinsdag, 31 Mei 2011 20:43
 
Ek kies steeds die kerk PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Vrydag, 27 Mei 2011 12:32
Lees gerus hierdie artikel van Neels Jackson in die Beeld. Dit sê baie goed wat die kerk is en behoort te wees.
 
SinodeNuus V PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Ben du Toit   
Vrydag, 13 Mei 2011 15:56
Leerbaarheid, Deernis, Vertroue, Openheid

13 Mei 2011

Vriende, ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om my indrukke en ervaring van hierdie sinode weer te gee. Daar is 'n paar uitstaande dinge wat hierdie sitting uniek gemaak het. Ander sou nog ander punte kon noem, maar hierdie dan dit wat op die laaste dag voorop in my gemoed is:
 
Palmsondag was geseënd PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Maandag, 18 April 2011 07:47
Op 17 April het ons 'n baie geseënde Palmsondag-diens gehad. Ons het buitekant die kerk met die diens begin, en daarná al singende die kerk ingestap terwyl ons takke gewaai het. Almal het hulle takke op die kansel en voor die kansel geplaas. Die kerk was letterlik toegepak met palmtakke en ander groen takke.
Ons het 'n sanggroep gehad wat ons in 'n Lydenstyd Sangdiens gelei het, en toe ook nog Nagmaal gevier. Baie spesiaal.
Toringkerk is tops!
Laas Opdateer op Maandag, 18 April 2011 07:56
 
Kruise vir Lydenstyd 2011 PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Maandag, 28 Maart 2011 10:51
Kruise vir Lydenstyd 2011Op Sondag 27 Maart 2011 het ons gemeentelede kruise kerk toe gebring waarmee ons die kerk vir Lydenstyd kan inklee. Gaan kyk gerus na foto's daarvan.
Laas Opdateer op Maandag, 28 Maart 2011 11:01
 


Kopiereg © 2012 Toringkerk NG Gemeente. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
Top