Paarfeeskruise.jpg
WELKOM!   INLIGTING   DIENS   AFLAAIE   LEES   KYK   TROUES   SKAKELS
Home You are here Tuis > LEES > Formuliere > Eietydse Tien Gebooie
 

Pinkster

Teken aan




   Login reminder    Register

Teks van die dag

U is oral. Daar is nie ’n plek waar ek heen kan gaan waar U nie is nie. As ek hemel toe gaan, is U daar. As ek doodgaan, is U by my. Al kan ek so vinnig soos lig beweeg of al gaan ek na die verste plek toe, U is daar. Die afstand tussen oos en wes is nie vir U te ver om gou na my toe te kom nie. Oral hou U my vas.

(Ps 139:7-10, Die Boodskap)

 
   
Die Tien Gebooie PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Jaco Thom   
Woensdag, 10 Maart 2010 20:44
Ek is die Here jou God wat jou uit die greep van Satan en sondedood bevry het. Jy moet My alleen aanbid en dien. Onthou dat niks of niemand anders jou kan red nie: nie jou geld of jou werk of jou sport of jou vriende nie. Ek het jou deur die bloed van Jesus Christus Myne gemaak, en Ek wil jou vir My alleen hê.

Moenie self besluit hoe jy wil hê Ek God moet wees nie, want Ek is groter as wat jy jou ooit kan voorstel. Jy moet my vereer en liefhê soos Ek jou in die Bybel leer.

Moenie ligtelik my Naam op jou lippe neem om krag aan jou woorde te gee of as jy skrik nie. My Naam is heilig, en jy moet dit net gebruik as jy My aanroep in gebed, of as jy oor My getuig. Onthou ook dat jy as Christen die Naam van my Seun Jesus Christus dra. Leef só dat sy Naam in jou lewe geëer word.

Sondag is die dag waarop Jesus opgestaan het uit die dood. Op dié dag wil Ek hê jy moet die opstanding vier. Rus van alles wat jou so besig hou in die week, sodat jy tyd het vir My en vir jouself en jou mense.

Eer jou ouers, en sien na hulle om as hulle oud geword het.

Mense is vir My kosbaar, en hulle moet vir jou ook kosbaar wees. Moenie iets doen wat ander se lewens in gevaar stel nie, en moenie hulle te na kom deur jou woorde of jou dade of gedagtes nie.

Die huwelik is heilig, en jy moet alles in jou vermoë doen om jou eie huwelik en ander s’n in stand te hou.

Elke mens het die reg om dinge te besit, en jy moet dié reg respekteer.

Praat altyd die waarheid. Moenie leuens oor ander versprei nie; nie openlik nie, en ook nie agteraf nie.

Moenie só op jouself ingestel wees dat jy nie ruimte in jou hart het vir ander nie. Gun ander mense hulle vreugdes en suksesse en wees saam met hulle daaroor bly, want dit is Ek wat dit vir hulle gegee het.
 

Lewer jou kommentaar hier, asb.


Sekuriteitskode
Verfris

Kopiereg © 2012 Toringkerk NG Gemeente. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
Top