 |
|
 |
|
Pinkster

|
|
Teks van die dag
Almal wat naby U leef, moet opgewonde en bly wees. Laat mense wat weet dat U red, elke dag sê: Daar is niemand groter as God nie! (Ps 40:17, Die Boodskap) |
|
|
|
|
|
|
 |
|
 |
|
|
Kerkjaar
|
Geskryf deur Webmeester
|
|
Sondag, 18 Desember 2011 21:03 |
|
Here, ons steek hierdie kers aan as ’n simbool van voorbereiding.
Berei ons voor deur u Gees
en maak ons gereed vir die koms van Jesus Christus,
ons hoop en ons vreugde.
Kom, ja kom haastig, Immanuel
Amen
|
|
Laas Opdateer op Sondag, 18 Desember 2011 21:09 |
|
|
Geskryf deur Webmeester
|
|
Sondag, 11 Desember 2011 11:32 |
|
Here, ons steek hierdie kers aan as 'n simbool van VREUGDE.
Mag die vreugdevolle belofte van U teenwoordigheid aan ons vreugde gee terwyl ons op U wag.
Kom, ja kom haastig, Immanuel.
Amen
|
|
Geskryf deur Webmeester
|
|
Woensdag, 23 November 2011 09:21 |
|
'n Baie goeie manier om die tyd na Kersfees af te wag, is die gebruik om 'n Adventskrans te maak. Vir meer inligting hieroor, kan die artikel hier gelees word. Op elk van die vier Adventsondae word 'n kers dan aangesteek en die volgende gebed gebid (die gedeelte in vet druk word deur almal saam hardop gebid):
|
|
Geskryf deur Webmeester
|
|
Saterdag, 09 April 2011 21:59 |
Sondag 17 April is Palmsondag. Dit is die naam wat gegee word aan die laaste Sondag voor Goeie Vrydag; op dié dag herdenk die kerk Jesus se feestelike intog in Jerusalem. Dit vorm ook die inleiding tot die Groot Lydensweek. Ons gaan met palmtakke die kerk instap, al singend, soos die skare Jesus singend in Jerusalem verwelkom het vir die fees. Ons gaan ook saam Nagmaal vier, en 'n paar lydensliedere sing as 'n soort Lydenstyd Sangdiens. Bring 'n palmtak, of enige ander groen tak, saam kerk toe vir hierdie spesiale diens!
|
|
Laas Opdateer op Maandag, 11 April 2011 21:02 |
|
Geskryf deur Webmeester
|
|
Sondag, 30 Mei 2010 00:00 |
Ons aanbid ’n wonderlike God, meer en groter en anders as wat ons ooit sal kan deurgrond. Karl Barth het daarom van God gepraat as die Gans Andere. En die Nederlandse Geloofsbelydenis, § 1, stel dit só: Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar ’n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God noem. Hy is ewig, onbegryplik, onsienlik, onveranderlik, oneindig, almagtig, volkome wys, regverdig, goed en die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is. Op Drie-Eenheidsondag, die eerste Sondag ná Pinksterfees, staan ons in hernude verwondering oor die openbaring van God, die Vader, Seun en Gees.
|
|
Laas Opdateer op Donderdag, 03 Junie 2010 22:49 |
|
|
Geskryf deur Webmeester
|
|
Sondag, 04 Desember 2011 08:29 |
|
Hierdie kers word as 'n simbool van die verkondiging van die Woord aangesteek. Dankie dat U ons al soveel jare lank ook deur die woorde van profete op u weg lei. Dankie dat U "Immanuel" - God mét ons, God bý ons, God ín ons - is ... dat U reeds voor ons hier was, by ons is en altyd by ons sal wees. Amen.
(gebed met dank aan dr Gerhard Bothma)
|
|
Laas Opdateer op Dinsdag, 06 Desember 2011 08:16 |
|
Geskryf deur Jaco Thom
|
|
Vrydag, 11 November 2011 17:34 |
|
Die tradisies en gewoontes wat ons elke jaar in die Kerstyd laat herleef, het nie uit die lug geval nie. ’n Hele paar van hulle is, interessant genoeg, baie ouer as Kersfees self, en het hulle oorsprong in eeu-oue feestradisies van die voor-Christelike Europa. Veral die tradisies rondom die winter-oesfees en die fees van die terugkerende son het in ’n gewysigde vorm in ons huidige Kersfeesgebruike voortgeleef. Tydens hierdie feesvierings het die mense hulle huise versier met groenigheid, is daar lekker geëet, baie gesing en geskenke uitgedeel. Wildevarke, varke en fisante is oor groot oop vure gebraai, ’n gebruik wat vandag voortleef in die gebraaide ham of kalkoen op baie Kersfeestafels.
|
|
Laas Opdateer op Vrydag, 11 November 2011 18:37 |
|
Geskryf deur Christo Botha
|
|
Woensdag, 09 Maart 2011 14:43 |
|
(9 Maart tot 24 April 2011)
Met Lydenstyd word ons herinner daaraan dat Jesus gekom het. ’n Gewone timmerman geword het. Hy het: op Galilea se stofpaaie geloop; aan melaatses gevat; in Gadara tussen die grotte na ’n besete man toe gegaan en Hom in Jerusalem met die Fariseërs se teologie ingemeng. Hy het Homself só met die skuim van die aarde bemoei dat die ‘heiliges’ van sy tyd gesê het Hy is ’n vraat en ’n wynsuiper … God gaan staan aan die kant van die tollenaars en prostitute en skep vir hulle 'n nuwe lewensmoontlikheid … Hy vergewe, Hy red, Hy troos, Hy gryp in in lewens wat verlore gaan, Hy is barmhartig. (skryf Ferdinand Deist)
|
|
Laas Opdateer op Dinsdag, 22 Maart 2011 17:15 |
Om te vas, beteken om jou van sekere dinge te onthou, sodat jy jou beter of meer gefokus kan toewy aan God. Tradisioneel vas Christene in die lydenstyd. Lydenstyd is ’n seisoen van 46 dae waarin die kerk met vreugde, erns en pyn die versoenende sterwe van Jesus verkondig deur sy lyding in herinnering te roep en daarop te reageer in voorbereiding op die Paasfees. Die Westerse kerk het in die tweede helfte van die vierde eeu in navolging van die Oosterse kerk begin om as voorbereiding vir Paasfees ’n vastydperk van 40 dae in te stel. Die getal 40 is op die voetspoor van Jesus, Moses en Elia. Die vas het meestal beteken dat slegs een maaltyd per dag sonder vleis geëet is. Tradisioneel begin die vastydperk op As-Woensdag. Aanvanklik was die plaas van die as op die kop van 'n ernstige sondaar, ’n soort tughandeling en boete-oplegging van die kerk. Later het die as ’n meer seremoniële funksie gekry waarin die as, gewoonlik van die vorige jaar se palmtakke, op die voorkop van die lidmate in die vorm van ’n kruis gesmeer word. Omdat Christene nie op Sondae, die opstandingsdag, gevas het nie, begin Lydenstyd op ’n Woensdag, 46 dae (40 dae en 6 Sondae) voor Paasfees.
Lydenstyd is ’n tyd van hertoewyding. Daarom staan dissipelskap sentraal. Lydenstyd is dus ’n tyd van toerusting vir dissipelskap. Die gebruik van die vas van voedsel in hierdie tyd staan in die teken van hertoewyding. Hierdie gebruik kan met ’n bietjie verbeelding in ons huise met vrug gebruik word. As teken van ons bereidheid om op te offer vir die evangelie, kan daar bv. besluit word om in hierdie tyd te vas van ’n gewoonte, van die lees van tydskrifte, die kyk van TV ens. Daar kan ook besluit word om van sekere voedselsoorte te vas.
Lydenstyd is ’n tyd van bepeinsing en stilte. Afsondering is daarom baie nodig. Hoewel daar in hierdie tyd baie nagedink word oor God se oordeel oor die sonde is dit ook ’n tyd om ons te verwonder oor die kruisiging as dié liefdesdaad van alle tye. Lydenstyd is ’n gereedmaak om vernuwing in ons lewens te ontvang. Die pynlikheid van die erkenning van ons eie sonde is hiervoor noodsaaklik. Verootmoediging, skuldbelydenis en boetedoening is in hierdie tyd prominent, maar dit staan alles in die teken van die nuwe lewe wat ons simbolies ontvang op Paassondag. Die ‘as’ van As-Woensdag is ’n simbool hiervan.
|
|
Laas Opdateer op Dinsdag, 08 Maart 2011 22:07 |
|
|
|
|
«<12>»
|
|
JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL |
|