Drie-eenheidsondag is die Sondag na Pinkstersondag. Vanjaar is dit op 7 Junie. Dit is die beginpunt van die fees van die volle openbaring van God Drie-enig. Die feit dat Drie-eenheidsondag kort na Pinksterdag volg, dui aan dat Pinkster nie op sigself staan nie, maar wesenlik deel vorm van die boodskap van die Drie-eenheid.
Die liturgiese kleur vir hierdie Sondag is wit: die Allerheiligste en sy volmaaktheid word verkondig. Wit en goud as liturgiese kleure loop soos 'n goue draad deur die kerkjaar as simbool van God self. |
Lewer jou kommentaar hier, asb.