Hierdie seisoen na Pinkster begin met Drie-eenheidsondag en eindig met die Sondag van Christus die Koning. Enersyds sluit dit Pinkster af en lei later die seisoen van Advent in.
Koninkrykstyd val by ons (in die Suidelike Halfrond) in herfs en veral in die winter waartydens ons ‘die groen’ van die natuur sien verdwyn. Vanuit die natuur beleef ons hier in Suider-Afrika (anders as in die Noordelike Halfrond) die tekens van afsterwe en doodsheid.
Dit is egter die uitdaging van Pase en Pinkster om die krag van die opstanding te midde van hierdie sigbare tekens as 'n werklikheid te verkondig, te bely en liturgies te ervaar en uit te leef.
Wat vier ons in Koninkrykstyd?
In hierdie seisoen (soos die naam ook aandui) vier ons die vestiging van die heerskappy / Koninkryk en handelinge van die Drie-enige God (Skepper, Verlosser / Bevryder en Trooster) in elke faset van ons lewe en die wêreld. Ons taak is dus om in hierdie tyd die wonderlike gawes wat ons ontvang het, met al die feeste in die lewe van elke dag uit te leef.
Koninkrykstyd herinner ons telkens (op die dag van die Here) aan die eenheid en interaksie tussen ‘belydenis en lewe’; tussen ‘teks en konteks’; tussen ‘kerk en wêreld’; tussen ‘die reeds en die nog-nie’; tussen ‘woord en daad’. Dit herinner ons verder elkeen daaraan om ‘liturgie en lewe’; ‘teks en konteks’; ‘skriftuurlik en aktuele temas’ in die liturgie en die prediking sinvol te integreer.
Simbole, gebruike en rituele in Koninkrykstyd
Die sentrale simbool van hierdie tyd is dié van die kerk as ‘n bootjie met ‘n kruis op. Dit simboliseer die kerk as draer van die kruis in die wêreld.
Hierdie tydperk bied meer ruimte en vryheid aan die Christelike geloofsgemeenskap (as tydens die primêre Christelike feeste) om die Kerklike (Christelike) Kalender en die Burgerlike (Sekulêre) Kalender met mekaar te integreer en te versoen.
Die Protestantse kerke vier in hierdie tyd ook die geboorte van die Hervorming, toe Luther sy stellings vasgespyker het teen Wittenberg se kerk se deure.
Die Skriflesings en teksgedeeltes wat gedurende hierdie seisoen in die kerklike jaar voorgehou word, hou verband met die tema dat Jesus die Here van alle here, die Koning van alle konings is.
Skenk aan u mense, goeie Here,
die gees van eenheid,
sodat hulle in u liefde saam kan leef,
en so aan die wêreld die salf van u genesing
en die d
Die Church of England het 'n baie sinvolle daaglikse gebedsprogram. Dit is hoogs aan te beveel!
Lees Jaco se blog hier:

So 26 MeiKategese Afnaweek
So 26 Mei 09:00 - 10:00Erediens
Ma 27 Mei 17:00 - 18:00Gebedsbyeenkoms
Di 28 Mei 09:00 - 11:00Predikante-beplanning
Di 28 Mei 18:00 - 19:00Toringkerk Tieners
![]() | Vandag | 397 |
![]() | Gister | 359 |
![]() | Hierdie week | 1579 |
![]() | Hierdie maand | 1579 |
![]() | Alle dae | 1579 |

