Banier2.jpg
WELKOM!   INLIGTING   DIENS   AFLAAIE   LEES   KYK   TROUES   SKAKELS
Home You are here Tuis > LEES > Seisoene in die Kerkjaar > Lydenstyd > Ons is nou in Lydenstyd
 

Pinkster

Teken aan




   Login reminder    Register

Teks van die dag

Van sy pa kan iemand 'n huis of besittings erf, 'n verstandige vrou kry jy net by die Here.
Spr 19:14 (NLV)

 
   
Ons is nou in Lydenstyd PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Christo Botha   
Woensdag, 09 Maart 2011 14:43

(9 Maart tot 24 April 2011)

Met Lydenstyd word ons herinner daaraan dat Jesus gekom het. ’n Gewone timmerman geword het. Hy het: op Galilea se stofpaaie geloop; aan melaatses gevat; in Gadara tussen die grotte na ’n besete man toe gegaan en Hom in Jerusalem met die Fariseërs se teologie ingemeng. Hy het Homself só met die skuim van die aarde bemoei dat die ‘heiliges’ van sy tyd gesê het Hy is ’n vraat en ’n wynsuiper … God gaan staan aan die kant van die tollenaars en prostitute en skep vir hulle 'n nuwe lewensmoontlikheid … Hy vergewe, Hy red, Hy troos, Hy gryp in in lewens wat verlore gaan, Hy is barmhartig. (skryf Ferdinand Deist)

Jesus se 40 dae in die woestyn vorm die agtergrond vir Lydenstyd.  In hierdie tyd is Jesus voorberei vir sy bediening.  Alles wat tussen Hom en sy roepingsvervulling gestaan het is in hierdie tyd van loutering uit die weg geruim.

Reeds van die vroegste tye af vier Christene hierdie tyd as ’n tyd van selfondersoek, verootmoediging voor God, skuldbelydenis en hertoewyding.  Omdat Jesus gevas het in die woestyn, het die praktyk ontwikkel dat Christene hulleself in hierdie tyd sekere dinge ontsê ter wille van ’n nuwe fokus op God.  Elke Sondag is egter uitgesluit van die vas omdat dit as ’n “klein Paasfees” gesien is.

Lees ook die artikels oor Lydenstyd by Lees/Seisoene in die kerkjaar/Lydenstyd.
Laas Opdateer op Dinsdag, 22 Maart 2011 17:15
 

Lewer jou kommentaar hier, asb.


Sekuriteitskode
Verfris

Kopiereg © 2012 Toringkerk NG Gemeente. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
Top