|
Die aarde se oppervlak is tussen 70 en 80% bedek deur water.
Ongeveer 70% van ‘n volwasse mens se liggaam bestaan uit water.
Die mense se brein bestaan 80% uit water.
Water (vars/ skoon) het ‘n pH van 7 wat beteken dit is nie suur of alkalies nie, maar perfek. Perfek geskep as lewensmiddel vir: mense, plante en diere.
‘n Tamatie bestaan 90% uit water; pynappel 80%; boom 70%; erdwurm 80% en ‘n hoender 70%
Naas suurstof is water die belangrikste lewensmiddel vir die mens.
Ons kan letterlik nie sonder water bestaan nie. Geleerdes sê ’n mens kan vir 3 weke sonder kos, 3 minute sonder suurstof & 3 dae sonder water voordat jy dood gaan.
Feitlik elke lewende organisme op aarde is afhanklik van water vir lewe.
Behalwe dat ons dit drink (dat dit noodsaaklik is vir oorlewing), kook ons daarmee, maak ons tuin nat. Ons bad daarin of stort, dit is waarmee ons was. Ons kan ook daarin / daarop speel/ ontspan. (Ruben in die bad) Een van God se veeldoeligste uitvindsels.
Luister wat sê Jesus :: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!
Johannes 7:37
In ‘n lans soos Isreal was water redelik skaars – dit is ‘n baie droë land en daar is min riviere en fonteine. Mense wat in die Bybelse tye geleef het was grootliks afhanklik van reën vir water. Daarom was meeste van die water vir daaglikse behoeftes reënwater wat opgevang is in ‘n holte / put wat uit klip gekap is soos ‘n soort water tenk (reservoir).
Ongelukkig was hierdie antieke reservoirs baie onbetroubaar itv skoon water wat veilig is om te drink. Daar is verskeie redes hoewel die feit dat dit net nie goed skoongemaak is nie die grootste rede kon wees. Die reservoirs was ook nooit groot genoeg om water te kon hou vir die droë tye en seisoene nie.
Jesus praat met ‘n Samaritaanse vrou by ‘n put. Jesus sê :: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; ?14? maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” Johannes 4:13,14
Wanneer Jesus praat en na Homself verwys as die Lewende Water, maak ons moeilik die konneksie met die waarde van goeie, betroubare, skoon water. Vandag is water so maklik beskikbaar...
As julle wonder hoekom ek vanoggend met water gepla is, is dit omdat ons vanoggend getuies gaan wees van ’n eeu oue ritueel – waarvan water deel is. Die ander deel van die ritueel is nie iets nie, maar iemand, ’n pragtige dogtertjie: Karmi Struwig & ’n lewenslustige seuntjie Zandré Tristan Prins.
Die ritueel waarvan ons getuies gaan wees – is die bewys van die bestaan van ’n verhouding tussen ons en God. Deur die ritueel bevestig God dat Hy ons liefhet. Sê Hy dat Hy ons kies om syne te wees. Sê Hy dat Hy ons vat soos ons is. Voordat ons Sy guns kan verdien, Hom kan liefhê of Hom tevrede stel kies Hy ons. (voordat ons Hom kan kies)
Besef julle hoe kragtig hierdie ritueel is?
Besef julle hoe kragtig die betekenis van hierdie ritueel is?
God wat alles gemaak het, ook vir ons sê vir ons: jy is goed genoed, jy is spesisaal, jy het potensiaal. Omdat ek jou gemaak het, daarom het jy waarde. Iets van My is in jou, My vingerafdrukke sit op jou, want ek het jou gemaak.
Op ’n keer probeer Jesus se dissipels ’n klompie kinders keer om naby hom te kom– hulle weet dat Jesus is besige man is en dat Hy nie tyd het vir kinders nie.
Wat kan kinders tog in elk geval vir Jesus doen?
Wat het/kan die kinders doen om Jesus se tyd en aandag en seën te verdien?
› Wat? › NIKS
Wat kan ons vir Jesus doen?
Wat het ons al gedoen om Jesus se tyd en aandag en seën te verdien?
› Wat? NIKS
Die storie van hierdie ritueel begin by ’n man met die naam Abraham – toe God na Hom toe gekom het en vir Hom gesê het: “Ek sal vir jou ’n God wees” – God kom sê vir Abraham – ek kies jou. Voordat Abraham geweet het wie God is wat dit beteken dat God hom kies – kies God hom. Sonder voorwaardes.
God sê vir Abraham dat Hy vir hom ’n Vader wil wees, ’n Pa wat hom liefhet en vir Hom sorg...
In die Bybel maak God ’n klomp beloftes aan ons
› Ek het jou op jou naam geroep, jy is myne. (Jes 43:1)
› Ek het jou naam in my handpalms gegraveer (Jes 49:16)
› Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie;
Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! (Jer 29:11)
› Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet,
dié wat volgens sy besluit geroep is. (Rom 8:28)
Daar is nog baie baie beloftes wat God maak.
Vanoggend is ’n bevestiging van God se intensies met ons – Hy wat ons herinner aan hierdie beloftes van Hom. Dat hierdie beloftes ook waar is vir ons...
Die teken wat God kies om ons aan hierdie beloftes te herinner is water!
Nie spesiale gebottelde, heilige, ingevoerde mineraal water nie – doodgewone kraanwater – waarin ons elke dag bad, waarvan ons elke dag drink, waarmee ons koskook en karwas – en ons tuin natmaak.
Hoekom kies God hierdie alledaagse teken? Omdat Hy wil hê dat ons elke dag moet onthou: dat Hy ons gemaak het, dat Hy ons kies, dat Hy ons liefhet (genoeg om Sy Seun te stuur).
Ons lees in die Bybel van ’n keer wat Jesus Sy dissipels se voete gewas het – Jesus se lewe herinner ons daaraan dat Hy gekom het om ons skoon te was – dat net Hy dit wat tussen ons en God staan kan afwas.
Jesus vertel vir ’n vrou by geleentheid van lewende water, water wat lewe gee – water wat lewens verander, water wat herinner aan God se liefde, God se beloftes.
Ek wil afsluit met van die laaste woorde van hierdie boek ›› Openbaring 22:17 ››
Die Gees en die bruid sê: “Kom!”
En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!”
En elkeen wat dors het, moet kom;
elkeen wat die water van die lewe wil hê,
moet dit kom kry, verniet!
As jy vanoggend dors het, as jy vanoggend voel jy het ’n bad nodig – as jy vanoggend gehoor het God kies jou, Hy het jou lief – Jy is goed genoeg – deel saam met ons in hierdie antieke ritueel en vat God se beloftes wat daarmee saam ook vir jou is... |