Orrel-banier.jpg
WELKOM!   INLIGTING   DIENS   AFLAAIE   LEES   KYK   TROUES   SKAKELS
Home You are here Tuis > Preke > Matt 2:1-2, 9-11 Nuwejaar
 

Pinkster

Teken aan




   Login reminder    Register

Teks van die dag

’n Lewe wat afgesonder is vir God is presies waaroor godsdiens gaan.
(Romeine 12:1, Die Boodskap)
 
   
Matt 2:1-2, 9-11 Nuwejaar PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Christo Botha   
Sondag, 01 Januarie 2012 10:17

• Die lewe en ook ons geloofslewe word soms met ‘n reis vergelyk.

Heelwat Bybel-verhale vertel die stories van God se manne en vroue en die reise wat hulle onderneem het. Abraham, Jakob, Moses, die volk Israel, Rut, Hosea, Jona, Josef en Maria .. die manne van Emmaus, Paulus. Jesus self was amper altyd oppad, op reis.

Dit is op hierdie reise dat die merkwaardigste dinge met hulle (die mense) gebeur.

. Jakob wat stoei met God.

. Moses wat vir God ontmoet in ‘n brandende bos en later sien hoe God vir die volk water

  en  kos gee in die woestyn.

. Rut wat haar nuwe man ontmoet.

. Jona wat deur ‘n vis ingesluk word.

. Paulus wat verblind word deur ‘n lig uit die hemel en God se stem hoor.

. Josef en Maria wat op ‘n vreemde plek die wonder beleef van hulle seun wat gebore word.

 

As daar gepraat word van Jesus wat oppad is, lees ons in Jesaja 40:3-5,9,10.

Johannes herhaal dit baie jare later. Johannes 1:23.

 

Die oproep dat pad reg(gemaak) moet word kom ook vanoggend na my en jou toe.

 

• Wat is die laaste ding wat mens op die pad wil sien as jy met vakansie gaan?

Eindlik is dit die laaste ding wat mens wil sien as jy op die pad is..

 

‘n Padteken wat sê: Padwerke voor!

Padwerke maak ‘n mens mens moedeloos... sodra jy daardie bord sien weet jy klaar:

-          jy gaan moet stadiger ry

-          jy gaan moet wag

-          dalk gaan die pad waarop jy ry nouer word

jy kan seker wees dit gaan langer vat as wat jy beplan het.

 

Nou help dit nie ons kla oor die toestand van die paaie en dan kla ons (ook) as hulle dit ‘n slag dit regmaak nie.

 

Vroeër het ek gedink: hoe wonderlik sal die pad wees as dit eers klaar is.. die waarheid is dat die pad nooit klaar kom nie, daar is altyd nog ‘n plek waar daar aan die pad gewerk moet word!

 

Padwerke kry nooit klaar nie.

 

Ons luister vanoggend kortliks na ‘n reisverhaal in Matteus 2.

Matt 2:1-2, 9-11

 

Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom ?2? en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.”

 

?9? Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. ?10? Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. ?11? Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre.

 

Hulle reisverhaal help ons met 3 wenke van ons (eie) reis in 2012:

1.   Sien die (pad)tekens raak.

2.   Hou by die spoedgrens.

3.   Maak seker jy bly by die Lig.

 

1. Die sterrekykers was nie noodwendig christen-gelowiges nie, maar het binne hulle geloof/lewensfilosofie tyd gemaak om teenwoordig te wees. So teenwoordig dat hulle die teken van die ster raakgesien het. Besef het dat die ster ‘n teken was van iets groot wat besig was om te gebeur.

 

Dit klink dalk nie so belangrik nie, maar let ook op dat hulle van ‘n ander land gekom het – al die pad om die ster te volg... wat sekerlik beteken het dat: hulle verlof moes vat by die werk, selfs die mense en die verantwoordelikhede van die huis vir ‘n oomblik op die agtergrond moes skuif.

 

• In ons lewens is daar ook tekens langs die pad.. ‘n vriend of ‘n vrienden wat in die nood is; ‘n gesprek in jou kleingroep; ‘n teksvers op ‘n epos; die dr wat vir jou sê jy moet minder chops eet en meer oefen vir die hart.

 

Soms vra dit radikale tekens om ons tot stilstand te ruk: siekte, finasiële druk, self die dood van ‘n geliefde.. dit is die soort tekens wat ons nie kan ignoreer nie wat die maklikste ons aandag terugbring na dit wat eindlik belangrik is in die lewe.

 

 

 

Mag ons in 2012 meer teenwoordig wees..

-          waar ons bly, om meer te waardeer wat ons het

-          by ons mense, om meer te waardeer wie ons het

-          in ons gemeenskap, om meer om(te)gee vir die wat nie het nie / wat hartseer is

 

2. Die 2de wenk wat ons in die reisverhaal van die wysemanne kry het tedoen met die raaksien van die tekens. En dit is om te hou by die spoedgrens. Die sterrekykers het tyd gehad om die ster (teken) te sien, omdat hulle bewustelik geleef het.

 

• Wat beteken dat mens jouself moet dwing om hier waar jy nou is te wees en te leef.

 

Dit sou beteken dat ons moet ophou worry oor gister en die foute wat ek gemaak het of die geleenthede wat ek gemis het.. minder gespanne wees oor dit wat môre (moontlik) kan gebeur.. en leef om die geleenthede van vandag te sien, en die geleenthede van vandag te gebruik.

 

Ons vyand vir ‘n bewustelike lewe is: besig wees. Ons is te besig om besig te wees dat ons nie tyd het vir enige iets anders as die dinge wat ons dink belangrik is nie.. ek vang myself gereeld dat ek vir mense vertel hoe besig ek is.

 

As ons besig is, gaan ons geleenthede mis waar ons vir mense iets kan beteken.

As ons te besig is gaan ons geleenthede mis waar ons vir God ‘n verskil kan maak.

As ons te besig is gaan ons die mense die naaste aan ons die meenste afskeep.

 

Ek sê altyd vir ‘n paartjie wat ek trou :: die lewe / huwelik word nie opgemaak deur die foto-album-foto’s nie.. dit is in die elkedag dinge – opstaan, werk, kosmaak, kinders grootmaak, winkel toe gaan.  Ons lewens word meer gevorm deur die gewone goed wat ons elke dag doen as die buitegewone goed wat net so nou en dan gebeur.

 

Mag ons in 2012 beswustelik lewe sodat ons:

-          kan sien waar God ons vandag wil gebruik

-          kan doen wat ons vandag moet doen by die huis/werk/skool

-          geleenthede wat God gee kan benut

 

3. Die laaste wenk wat ons van die Wysemanne se reisverhaal kry is van iets wat ons nie moet doen nie..

 

Hulle het by die bed van die Koning van die heelal gestaan, hulle het Hom wel kom eer deur vir Hom geskenke te bring. Hulle was in die teenwoordigheid van God self, God se Lig vir die wêreld, maar het omgedraai en verder gaan leef in die donker van hulle lewens.

 

• Mag ons elke dag van 2012 in God se teenwoordigheid leef.

Mag Sy Lig elke bietjie donker van 2012 verlig.

Mag se teenwoordigheid ons troos en lei en verander.

 

Mag ons Hom vind, nie omdat ons so bekwaam is nie –

want self kan ons nie die pad na God oopbreek nie..

Ons het rigtingwysers nodig. God gee dit.

Dit bly ‘n gawe om die Lig te sien, te herken,

En voor die Lig te buig.

Laas Opdateer op Vrydag, 17 Februarie 2012 13:12
 

Lewer jou kommentaar hier, asb.


Sekuriteitskode
Verfris

Kopiereg © 2012 Toringkerk NG Gemeente. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
Top