Mense-banier.jpg
WELKOM!   INLIGTING   DIENS   AFLAAIE   LEES   KYK   TROUES   SKAKELS
Home You are here Tuis > Preke > 1 Kor 15:54,55 Oor lewe en dood
 

Pinkster

Teken aan




   Login reminder    Register

Teks van die dag

Ja, alles gaan oor wie of wat vir jou die belangrikste is. Iemand wat sy lewe die moeite werd probeer maak deur heeltyd agter mense aan te hardloop, sal agterkom dat hy die ware lewe heeltemal misloop. Wie egter bereid is om aardse opofferings te maak omdat hy of sy My bo alles liefhet, sal ontdek wat dit beteken om werklik te leef!
(Matt 10:37-39, Die Boodskap)
 
   
1 Kor 15:54,55 Oor lewe en dood PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Christo Botha   
Sondag, 08 Januarie 2012 10:20

Fanus Rautenbach skryf sê: ons moet almal eendag sterwe,

elkeen volgens sy beroep:
 

  • Reisigers gaan heen.
  • Jagters gaan bokveld toe.
  • Die melkman en die posman kom om.
  • Kokke steek lepel in die dak.
  • Die horlosiemaker se tyd het aangebreek.
  • Die valskermspringer ontval ons.
  • Die tuinier is van die gras af gemaak.
  • Die melkboer het die emmer geskop.
  • Die dominee het die tydelike met die ewige verwissel.
  • Die ouderling is ontslape.
  • Die koerantman is direk hemel toe.
  • Die skeidsregter het sy laaste asem uitgeblaas.
  • Die elektrisiën se liggie is gedoof.
  • Die koster het die doodsklok hoor lui.
  • Die kleremaker se draad is geknip.
  • Die Springbokrugby-afrigter kom tot rus.
  • Skoonmoeder - die duiwel het haar kom haal.

 

Ons wil nie graag praat of dink oor die dood nie.. maar

 

as mense oor die dood moet praat / dink wil hulle (gewoonlik) praat oor wat gebeur na die dood of hoe mens seker kan wees waarheen jy gaan na die dood..

 

Romeine 8:37-39

?Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. ?38? Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte ?39? of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

 

 

Ek het hierdie week saam met twee families afskeid geneem van hulle geliefdes.

 

Mens kan nie anders as om aangeraak te wees deur daardie mense se hartseer

(wat ‘n geliefde aan die dood afstaan het nie).

 

As mens:

-          die hartseer van die mense beleef

-          besef jy dat die lewe: broos / breekbaar en kosbaar is (verw. Jakobus 4:14)

-          dat die dood wreed en finaal is

dit maak dat mens met ander oë na jou eie lewe kyk..

-          laat mens dink oor die dinge wat meeste in jou kop en hart is

of dit regtig belangrik is (jou prioriteite)

-          mens wonder of dit wat jy elke dag doen die moeite werd is (jou gewoontes)

-          jy dink oor die mense in jou lewe –  en hoe jy hulle behandel (jou optrede)

 

Ons wil nie graag aan die / oor die dood dink nie...

 

Iemand skryf: Die dood trek nie ‘n streep deur die lewe nie, maar onderstreep dit juis.

 

Dood help ons om te dink oor die lewe.

 

• Dit is ook belangrik dat ons onthou dat Jesus reeds die dood se angel uitgehaal het..

 

1 Korintiërs 15:54,55

“Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.” ?55? “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?”

 

Dit is ongemaklik om te dink oor die hoe en wanneer van die dood – maar ons weet  ook dat die ewige lewe nie soveel iets is wat ons verdien as dat dit ‘n gawe is nie .. iets wat ons kry. OMDAT Jesus dit (namens ons) verdien.

 

1 Johannes 5 :11,12

God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. ?12? Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie.

 

Vriende ons doelwit moet nie wees om hemel toe te gaan nie.. die probleem is dat ons (soms) soveel van ons tyd en energie spandeer daarop om seker temaak ons gaan hemel toe, omdat ons dink dit is die doel van geloof / verhouding met God

 

Doodgaan moet ons almal doodgaan.. daarna is ons oorgelaat aan God se genade.

As die doel was dat ons hemel toe gaan, kon God ons mos maar gevat het sodra ons bekeer / tot geloof kom..

 

• Vir baie mense is bekering, redding of geloof maar net ‘n soort reis-versekring om hulle veilig aan die anderkant te kry... hulle soek ‘n gemaklike lewe met min opoffering of swaarkry. Daarom soek hulle Verlossing via Geloof sodat hulle verseker is van ‘n plek in die hemel. (en daarmee dink hulle die saak is afgehandel)

Vriende Bekering is ‘n proses van die:

• heroorweging van jou lojaliteite

• herbelyning van jou lewens beskouing

• herbepaling van jou prioriteite

 

As die gedagte aan die dood ons so bang maak dat dit ons te motiveer om net genoeg te doen dat ons dit tog kan bypass.. het die dood ons alklaar dood gemaak.

 

Ons het al by vorige geleentheid daaroor gepraat dat geloof / verhouding met God nie gaan om ‘n lysie van goed wat ons nie moet doen nie.. daar is soveel dinge wat God wil hê ons moet doen.

 

 “Somebody should tell us, right at the start of our lives, that we are dying.

Then we might live life to the limit, every minute of every day. Do it! I say.

Whatever you want to do, do it now! There are only so many tomorrows.”

Pous Paulus vi

 

Johannes 10:10

“Ek het gekom sodat julle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

 

Wanneer Jesus hier oor die lewe praat, praat Hy nie net van die lewe; eendag, in die hemel of die ewige lewe nie. Hy verwys ook na hierdie lewe waarin ons nou leef.

As ons ernstig dink oor die woorde van Jesus moet mens erken dat Jesus se: werk, lewe, sterwe en opstaan uit die dood uit nie net ten doel gehad het om ons te red sodat ons hemel toe kan gaan nie.

 

God gee vir ons lewe, wat ‘n geskenk. God gee vir ons mense om die geskenk mee te deel.. kom ons wees nou maar eerlik, dit is tog nie die dinge in ons lewe wat dit die moeite werd maak nie, maar die mense.

 

 

 

 

 

Maak dit ‘n prioriteit om in 2012 tyd te maak vir die mense in jou lewe.

-          Familie

-          Vriende

-          Bure

-          Kollega’s

-          almal met wie jy tedoen kry..

 

Mag die dood ons help om te dink oor die lewe.

Mag ons die lewe koester as ‘n geskenk van God.

Mag ons die wat saam met ons lewe na waarde skat en eer.

Mag ons lewe in die oorvloed van die wete dat God ons eendag kom haal.

Amen

Laas Opdateer op Vrydag, 17 Februarie 2012 13:12
 

Lewer jou kommentaar hier, asb.


Sekuriteitskode
Verfris

Kopiereg © 2012 Toringkerk NG Gemeente. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
Top