|
Kinders
Wie kan vir my sê wat hierdie is? Lifejacket / Reddingsbaadjie
Wat moet die baadjie kan doen?
Dit is soos die naam sê – dit help jou / red jou wanneer die bood waarin jy ry dalk omval / sink.. of as jy in die water val.
Sê nou jy en ‘n vriend is op ‘n boot en die boot begin sink en net jy weet waar die reddingsbaadjies is:
• sal jy net vir jouself een aantrek?
• sal jy skaam wees om jou reddingsbaadjie aan(te)trek?
Romeine 1:16,17
Ek is nie skaam om die goeie boodskap te bring nie.
Die goeie boodskap is God se krag, dit red almal wat glo..
Die goeie boodskap wys vir almal dat God doen wat reg is. Dit wys dat Hy mense vryspreek omdat hulle glo, en nét omdat hulle glo. Dit is soos in die Ou Testament geskryf is: Wanneer God mense vryspreek omdat hulle glo, dan sal hulle lewe.
Vryspreek: Wanneer God ’n mens vryspreek, dan sê Hy dat Hy die persoon se sonde wegneem sodat alles reg kan wees tussen die persoon en God.
• Vanoggend se boodskap wil vir ons help om te onthou dat God die krag het om ons te red van die sonde. (die dinge wat maak dat ons vêr is van God af).
• God het klaar ons sonde (weg)gevat.
• Daarom hoef ons nie skaam te wees om dit vir ander mense te vertel nie.
• Ons weet dat God baie lief is vir mense en dat Hy mense wil red.
• Ons moet vir mense vertel en wys dat Jesus ons reddingsbaadjie is.
Romeine 1:16-18
Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ’n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood. ?17? In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe staan: “Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.”
EK skaam my nie oor die evangelie nie. (die goeie boodskap)
IS ‘n groot stelling om te maak. Veral in Rome.
Daar was ‘n tyd wat die Christene die skulg gekry het vir ‘n groot brand wat in Rome was.. daarom was daar ‘n tyd waarin christene wettig vervolg is..
Die teks neem ons na ‘n tema toe wat mense se verhouding met God sedert die vroegste tyd bepaal het.
# illustrasie
As ‘n man vir sy vrou blomme koop, wil sy gewoonlik weet:
- wat het jy verkeerd gedoen
- wat wil jy hê
Dit is jammer dat somige verhoudings gedryf word deur:
- vrees vir straf of
- werk vir beloning
Dit kom van ons eerste skooldae af aan: die kaart teen die muur met ‘n goue ster of ‘n swart kol langs jou naam.. afhangend van hoe jy jouself gedra het.
Sonder dat die Bybel ons dit leër aanvaar / glo ons dat God ook so werk..
Ek probeer nie vir ‘n oomblik sê dat die Bybel nie praat van sonde of reëls nie, maar die Bybel se hoof-inhoud is tog die Evangelie ( Goeie Nuus ). Die hele Bybel vertel tog die storie van God se liefde vir ons – die storie bereik sy hoogte punt wanneer Jesus aan die kruis stref vir ons sondes.
Jesus se offer aan die kruis betaal ons skuld by God.
(volledig en finaal / finish en klaar)
God se vryspraak is iets wat Hy gee.. en ons vat wanneer ons glo.
MAAR ons maak asof ons dit moet verdien, omdat:
- ons graag wil hemel toe gaan
- nie wil hel toe gaan nie
Gemotiveer deur beloning of vrees.
• Daarom wil ons graag reëls hê, as ons weet wat ons nie mag doen nie - doen ons dit nie en dan is ons mos goeie kinders van God.
Dit sou seker makliker gewees het, maar reëls maak ons nie meer verantwoordelik nie. As mens by die reëls moet hou, hoef jy nie ‘n keuse te maak nie.. jy doen maar net wat vir jou gesê word..
Reëls verander ons nie, miskien ons gedrag, maar nie ons gesindheid nie.
• Terwyl VRYHEID vra dat ons keuses moet maak uit liefde, nie uit vrees of skuld nie, maar omdat ons liefhet kies ons ‘n sekere lewenswyse, kies ons sekere optrede.
Vry beteken dat ons kan kies.. voordat ons vry was, was ons soos mense wat verslaaf was – ons kon nie kies om nie verkeerd te doen nie. Noudat ons vry is, is ons vry om te kies om nie verkeerd te doen nie.
Galasiërs 5:13
Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ’n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.
• God spreek sonder engige voorwaardes. Ons is vrygespreek
omdat Jesus reeds vir ons sondes betaal het.. hede, verlede en toekoms.
Mag ons leef in ons VRYHEID.
Mag ons liefhê.
Mag ons genadig wees.
Vergewe, Geduld hê, Glimlag en Vertrou.
Amen |