Banier2.jpg
WELKOM!   INLIGTING   DIENS   AFLAAIE   LEES   KYK   TROUES   SKAKELS
Home You are here Tuis > SKAKELS > Die Bybel op jou selfoon
 

Pinkster

Teken aan




   Login reminder    Register

Teks van die dag

Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuutmaak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Dan sal julle ook weet wat sy wil is en hoe julle julle lewe elke dag aan Hom moet oorgee.
(Roimene 12:2, Die Boodskap)
 
   
Die Bybel op jou selfoon PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Woensdag, 21 April 2010 00:00
altLaai vandag nog die Bybel in die taal van jou keuse gratis af op jou selfoon!

Volg net die volgende stappe en met die druk van 'n knoppie lees jy jou Bybel enige tyd op enige plek.
  1. Met die Internetopsie op jou selfoon gaan na http://m.bibles.co.za
  2. Kies die taal en vertaling van jou keuse
    Die volgende vertalings is tans beskikbaar – Afrikaans 1933/53-, 1983-vertaling of Die Bybel vir Almal; Engels King James Version; Noord-Sotho 1951-vertaling; Suid-Sotho 1909-vertaling in standaardortografie; Tswana 1908-vertaling of 1970 hersiene vertaling; Xhosa 1975-weergawe of 1996-vertaling en Zulu 1893-vertaling, 1959-vertaling of die Nuwe Testament en Psalms 1986-vertaling.
  3. Maak 'n keuse of jy die volledige Bybel in een, vier of agt dele wil aflaai (sekere selfone kan die Bybel net in vier of agt dele afgelaai word).


Vir meer inligting oor die Bybel op selfoon, lees hier.

Indien jy die lêers via jou rekenaar op jou selfoon wil laai, klik hier en gebruik 'n datakabel of Bluetooth om dit op jou selfoon te plaas.

Help die Bybelgenootskap om meer Bybels beskikbaar stel.  Klik hier en raak betrokke!

Laas Opdateer op Woensdag, 05 Mei 2010 13:15
 

Lewer jou kommentaar hier, asb.


Sekuriteitskode
Verfris

Kopiereg © 2012 Toringkerk NG Gemeente. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
Top