Koraalbanier.jpg
WELKOM!   INLIGTING   DIENS   AFLAAIE   LEES   KYK   TROUES   SKAKELS
Home You are here Tuis > TROUES > Algemene Inligting
 

Pinkster

Teken aan




   Login reminder    Register

Teks van die dag

'n Herder bring sy skape na goeie weiveld, hulle eet genoeg en hulle gaan lê. Hy bring hulle na die water en daar gaan hulle lê en rus. So gee die Here ook vir my nuwe krag, Hy leer vir my om reg te lewe, want ek behoort aan Hom. (Ps 23:2,3 - Die Bybel vir almal)

 
   
Huweliksinligting PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Webmeester   
Donderdag, 02 Junie 2011 10:02

altToringkerk is 'n pragtige kerkgebou en die ideale plek om in die huwelik te tree. Die ou Gotiese boustyl skep die regte gewyde atmosfeer vir 'n paartjie wat in God se teenwoordigheid en met sy seën hulle huwelik wil begin.

Om julle groot dag te bespreek, bel of faks asb vir Annelie by 021 8726730 of stuur ’n e-pos na Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien   Julle kan ook onderstaande inligtingsvorm aflaai en voltooi en aan haar e-pos of faks by 021 8726730.

ALGEMENE INLIGTING:

Tyd:
Ons almal se tyd is kosbaar. Daarom vra ons dat julle ons personeel se tyd sal respekteer wanneer julle hier kom trou. Die verwagting is dat julle reëlings só sal wees dat die kerkseremonie binne ’n uur vanaf die bespreekte tyd afgehandel sal wees. Dit is waarvoor julle betaal. As julle byvoorbeeld die tyd van julle troue aangee as 16:00, beteken dit dat julle die kerk (en die dienste van die orrelis en koster) bespreek tot 17:00. Ons wil daarom vra dat julle nie onnodig die seremonie sal rek deur buitensporig laat te wees nie. Dit sal ook goed wees as julle al die ander mense betrokke (die fotograaf, die videograaf, die haarstilis, die grimeerder, die huweliksbevestiger ens) daarop attent sal maak. Dikwels is dit húlle, en nie julle nie, wat die seremonie vertraag, en uiteindelik kan dit vir julle ekstra koste beteken (sien “Deposito” hieronder).
Indien julle vooraf weet dat die seremonie langer gaan duur, moet julle dit asseblief betyds met die kantoor reël, sodat ons personeel hulle programme daarvolgens kan inrig en die nodige aanpassing aan die besprekingsgelde gemaak kan word.


Gelde betaalbaar:
Die troue sal julle die volgende kos:

  • Kerkgebou:     R900 (gratis as een van julle ’n lidmaat van Toringkerk is)
  • Leraar:            Soos met die betrokke predikant gereël
  • Orrelfooi:         R700 (sluit die dienste van die gemeente se orrelis in)*
  • Koster:            R380
  • Repetisiefooi:  R280 (opsioneel). Indien beide die koster en orrelis teenwoordig moet wees, is dit R560.
  • Deposito:        R700 **

Hierdie fooie is verpligtend en nie onderhandelbaar nie.

* Indien julle nie van die gemeente-orrelis se dienste gebruik wil maak nie, is dit vir julle eie rekening en moet die betrokke orrelis aan ons sy/haar orrelkwalifikasie voorlê, sodat ons kan bepaal of hy/sy die nodige opleiding het om Toringkerk se orrel te kan bespeel.

** Die deposito sal aan julle terugbetaal word as die troue binne die bespreekte tyd afgehandel word, en daar nie kerswas of ander skade is nie. Indien die seremonie later uitkom as ’n uur vanaf die bespreekte tyd, sal die deposito verbeur word. Indien kerse in die kerk gebruik word en drupskade veroorsaak word, sal die skoonmaakkoste ook uit die deposito verhaal word.


Konfetti of Strooisels:
Geen kunsmatige konfetti (papier, “streamers”) mag binne kerkterrein gebruik word nie. Geen blare of blomme mag op die matte in die kerk gestrooi word nie. Natuurlike strooisels soos blomblare, rys ens. kan buite die kerkdeure (van die trappies af) gestrooi word.


Bankbesonderhede:
Bank:                 ABSA PAARL
Rek naam:         NG GEMEENTE TORINGKERK
Takkode:           334-210
Rek nr.:             400 590 176
Rek tipe:            Tjek
Verwysingsnr:    Van en troudatum

Attachments:
FileBeskrywingFile sizeLast modified
Download this file (Huweliksbespreking.pdf)HuwelikbesprekingJulle het dié vorm nodig om 'n huweliksdatum in die kerk te bespreek.117 Kb15/03/2012 19:21
Laas Opdateer op Donderdag, 15 Maart 2012 19:23
 
Kopiereg © 2012 Toringkerk NG Gemeente. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
Top