Paarfeeskruise.jpg
WELKOM!   INLIGTING   DIENS   AFLAAIE   LEES   KYK   TROUES   SKAKELS
Home You are here Tuis > WELKOM!
 

Pinkster

Teken aan




   Login reminder    Register

Teks van die dag

U Woord maak my lewe vol blydskap; dit wys my hoe om elke dag te leef. (Ps 119:24, Die Boodskap)

 
   
Welkom by Toringkerk
16
Mei
    Libertaskoor olv Johan de Villiers kom Toringkerk toe

 
16
Mei
    Libertaskoor sing Mozart
 
16
Mei
    Die Libertaskoor kom na Toringkerk

Die Libertaskoor olv Johan de Villiers kom voer Mozart se Requiem uit in Toringkerk op 27 Mei 2012. Hier oefen hulle die Ave Verum Corpus, wat deel van die voorprogram uitmaak.

 
13
Mei
    Gen 27 Vyfde Gebod: Eer jou ouers

In die Bybel is daar ’n hele paar hartverskeurende verhale van gesinne wat uitmekaar geskeur word deur sonde. Adam en Eva se gesin, Jakob se gesin, Dawid se gesin ...
So daar is genoeg verhale in die Bybel wat vir ons vertel dat gesinne nie noodwendig gelukkig is nie. En daar is ook genoeg verhale wat vertel dat gelowige ouers ook nie noodwendig weet hoe om hulle kinders goed groot te maak nie.

 
16
Apr
    Mozart Requiem op 27 Mei in Toringkerk

altDie heel laaste werk wat die geniale Wolfgang Amadeus Mozart gekomponeer het, was sy Requiem; 'n aangrypende mis vir die dode. Vanjaar, op Sondag 27 Mei om 16:00, kom voer die Stellenbosch Libertaskoor & Camerata Tinta Barocca onder leiding van Johan de Villiers hierdie werk in Toringkerk uit!

Toringkerk met sy gewyde atmosfeer en uitstekende akoestiek maak dit die ideale ruimte om die Requiem te beleef.

Die konsertmeester is Jürgen Schwietering, en die soliste is  Zanne Stapelberg (sopraan), Minette du Toit-Pierce (alt), Thomas Erlank (tenoor) en André Howard (bas). Zorada Temmingh bespeel die orrel.

 
15
Mar
    Program vir 2de kwartaal

Méér as net reëls - Ons kleingroep- en preekprogram vir die tweede kwartaal oor die Tien Gebooie.

Die Tien Gebooie is nie net 'n klomp moets en moenies nie; dit is riglyne waarmee God ons wil help om voluit te leef. Daarom is dit tema van diealt program Méér as net reëls.

Die volledige program lyk só:

  • 15 April: 1ste Gebod (Daar is net een God) – Die ryk jongman (Luk 18:18-30)
  • 22 April: 3de Gebod (Jy dra God se Naam) – Die brandende bos (Eks 3:1-15)
  • 29 April (nie groepe): 2de Gebod (Laat God toe om God te wees)
  • 6 Mei: 8ste Gebod (Jy het die reg op besittings) – Jakob en Esau en pot lensiesop (Gen 25:19-34)
  • 13 Mei: 5de Gebod (Eer jou ouers) – Jakob bedrieg Isak (Gen 27)
  • 20 Mei (nie groepe): 7de Gebod (Die huwelik is heilig)
  • 27 Mei (Pinksterfees): 6de Gebod (Mense is kosbaar) – Liefde vir mekaar (1 Joh 3:11-17)
  • 3 Junie: 4de Gebod (Sondag is rusdag) – Jesus en die sabbat (Mark 2:23 - 3:6)
  • 10 Junie: 9de Gebod (Jou woord is jou eer) –  Praat altyd die waarheid (Gen 3:1-15)
  • 17 Junie: 10de Gebod (Jou hart is God s'n) – Om tevrede te wees met wat jy ontvang het (Ps 73)
 
16
Mei
    Kom luister na die Libertaskoor

 
12
Mei
    Markdag 11 Mei 2012

 
8
Mei
    Saam eet in die gesin

Ek het hierdie skitterende artikel raakgelees op die web oor hoeveel meer 'n gereelde saam-eet vir die gesin werd is as wat 'n mens dink. Lees dit gerus!

 
15
Apr
    VYFDE GEBOD: EER JOU OUERS

Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee.

Ek het ’n vermoede dat hierdie gebod nie een van die gewildes is vir iemand soos jy wat op die punt staan om die lewe in te gaan nie. Jy wil graag jou eie baas wees, jou eie ding doen. En nou vra hierdie gebod van jou om hulle in gesagsposisies te eer. Want “jou vader en jou moeder” in hierdie gebod staan nie nét vir jou ouers nie – hoewel natúúrlik vir hulle ook, en dan vir hulle in die eerste plek. Maar die grenslyne wat hierdie gebod trek, lê veel wyer. Dit sluit almal in gesagsposisies in; ook die verkeerskonstabel, en jou onderwysers, en jou werkgewer as jy so gelukkig is om ’n werk te kry.

 
   
 

Waar Wanneer Wie

Ons Kalender

Mei 2012
S M D W D V S
29 30 1 2 3 4 5
6 7 8 9 10 11 12
13 14 15 16 17 18 19
20 21 22 23 24 25 26
27 28 29 30 31 1 2

Kalenderinskrywings

Sa Mei 19
Kategese Afnaweek
So Mei 20
Kategese Afnaweek
So Mei 20 @09:30 - 10:30
Erediens
So Mei 20 @18:00 - 19:00
Pinksterdiens
Ma Mei 21 @19:00 - 20:00
Pinksterdiens
Di Mei 22 @19:00 - 20:00
Pinksterdiens
Wo Mei 23 @10:45 - 11:15
Rusoord Biduur
Wo Mei 23 @16:00 - 17:00
Erediensbeplanning
Wo Mei 23 @19:00 - 20:00
Pinksterdiens
Do Mei 24 @19:00 - 20:00
Pinksterdiens

Vriende van Toringkerk

sevenswans

Besoekers


Hierdie maand:2362
Hierdie jaar:14934
Totaal:94080
Meeste per dag:399
Meeste per maand:6608
Indrukke vandag1923
Sedert:2010-06-09
 
Kopiereg © 2012 Toringkerk NG Gemeente. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
Top