|
Geskryf deur Webmeester
|
|
Dinsdag, 05 Oktober 2010 22:46 |
Is Toringkerk se kerktoring die hoogste in die land? Dit wou 'n besoeker vandeesweek by my weet. Ek weet nie, het ek geantwoord. Ek het nog nooit daaroor gewonder nie, tot vandag. Ek het toe geGoogle om te kyk wat ek wys word, en twee ander kerke maak op dié rekord aanspraak: Die NG Kerk op Aberdeen, wie se kerktoring glo 50 meter hoog is, en die Anglikaanse katedraal op Grahamstad, wat spog met 'n kerktoring van 53,6 meter. Toe is ek sommer vies, want nêrens staan iets van Toringkerk nie, en ons toring is 'n almintige 57 meter hoog! Grahamstad en Aberdeen het te vroeg gespog, dink ek, of hulle het die kat aan die stert beet.
|
|
Laas Opdateer op Woensdag, 17 November 2010 16:23 |