Mense-banier.jpg
WELKOM!   INLIGTING   DIENS   AFLAAIE   LEES   KYK   TROUES   SKAKELS
Home You are here Tuis > INLIGTING > Jou Dankoffers
 

Pinkster

Teken aan




   Login reminder    Register

Teks van die dag

Ek wil die Here loof.
Met alles in my wil ek die Here se grootheid prys.
Ek wil nooit vergeet hoe goed die Here vir my is nie.
(Ps 103:1-2, Die Boodskap)
 
   
Jou Dankoffers PDF Afdruk E-pos

Alles wat ons het, ontvang ons van die Here om daarvan rentmeesters te wees.

 Uit dankbaarheid vir wat die Here vir ons gee en doen, dra ons ook finansieel by tot sy werk in die gemeente waarvan ons deel is. Ons glo dat dit elke lidmaat (en nie die kerkraad nie) se eie verantwoordelikheid is om hierdie offers aan die Here te besorg.

Ons het daarom op ’n dankofferstelsel besluit om hierdie oortuiging te weerspieël. Dit kom daarop neer dat jy elke maand self jou dankoffer na die kerk toe moet bring. Om jou daarmee te help, gee ons vir jou 12 koevertjies. Jy kan dit gebruik, of jy kan enige ander koevert ook gebruik en bloot "Dankoffer" daarop skryf. Jy kan jou dankoffer by die erediens in die kollektesakkie gooi, of jy kan dit by die kerkkantoor afgee op ’n tyd wat jou pas, of jy kan dit by jou kleingroepleier afgee.

Die kerkraad gaan dit nie by jou kom afhaal nie, tensy jy om een of ander rede onmoontlik self jou offer kerk toe kan bring. In só ’n geval moet jy asseblief vrymoedigheid neem om vir Annelie by die kerkkantoor (021 8726730) te skakel. Sy sal dan reël dat ’n lidmaat jou offer by jou kom haal.

Bo en behalwe die koeverte wat jy ontvang, sal daar ook steeds koeverte by die kerkkantoor en in die vakkies by die kerkdeure beskikbaar wees, sou jy om een of ander rede ekstra koevertjies benodig.

Ons lees in 2 Kor. 9:8: "En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk." Mag die Here jou ook só seën!

Daar is baie van ons lidmate wat tans hulle offers deur middel van ons debietorderstelsel maandeliks gee, en ons wil julle aanmoedig om na hierdie manier van offers gee oor te skakel. Dit beteken dat jy dan nie met ’n klomp kontant hoef te sukkel nie. Ons wil ook sommer van hierdie geleentheid gebruik maak ons ons lidmate wat op ’n debietorderstelsel is, te herinner dat ook in julle geval die inisiatief vir die gee van julle offers steeds by julle lê . Ons wil daarom vra dat julle ons asseblief in kennis sal stel wanneer en hoe ons julle dankofferbydraes kan verhoog. Selfs al het jy ’n debietorder geteken, bly jou dankoffer ’n saak wat jy maandeliks biddend moet oorweeg.

Indien jy verkies om jou dankoffer self elektronies oor te betaal, is ons bankbesonderhede die volgende:

Bankrekening

Naam van rekening: NG Gemeente Toringkerk

Bank en tak: ABSA Paarl

Takkode: 334-210

Rekeningnommer: 400590176

 

Lewer jou kommentaar hier, asb.


Sekuriteitskode
Verfris

Kopiereg © 2012 Toringkerk NG Gemeente. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
Top