Orrel-banier.jpg
WELKOM!   INLIGTING   DIENS   AFLAAIE   LEES   KYK   TROUES   SKAKELS
Home You are here Tuis > INLIGTING > Ons Eredienste
 

Pinkster

Teken aan




   Login reminder    Register

Teks van die dag

God maak ons so bly! Ons loop oor van al die wonderlike dinge wat ons oor Hom wil sê. Ons wil dit uitsing, ons wil daaroor juig, ons wil aan God al die lof gee wat ons kan. (Ps 47:2-3, Die Boodskap)

 
   
Familiediens: drie eredienste word een PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Christo Botha   
Maandag, 03 Januarie 2011 00:00
Vir die laaste maande dink en bid ons (leiers en leraars) oor 2011 en probeer ons verstaan in watter rigting God ons stuur. Een van belangrikste sake is ons eredienste.
Ons weet dat ons eredienste een van die belangrikste energiepunte in ons gemeente is. Tydens ons gesamentklike (familie)dienste vanjaar, en veral by die diens van die 31ste Oktober, het ons ervaar hoe baie dit beteken om as familie saam in die kerk te wees. Ons ervaar dat God met ons gemeente praat oor familie-wees, en daarom wil ons juis probeer om dit in 2011 te doen. Daarom gaan ons vir die 1ste en 2de kwartaal van 2011 slegs een erediens op ’n Sondag hê, om 09:30 in die kerkgebou. Dit beteken dat die Gesinsdiens en Tienerdiens met die Oggenddiens saamsmelt om een familie-gerigte oggenddiens te vorm.
Dit formaat van die erediens sal voorlopig soos die gesamentlike eredienste wees, waaraan ons tot nou gewoond geraak het:
  • Ons (Christo, Jaco en Paulette) sal ons bes doen om die aanvang van die erediens so te beplan dat kinders (veral graad 0 tot 6) welkom sal voel. Die kinders (graad 0 tot 6) verlaat dan na die eerste 20 minute die erediens saam met hulle kleingroepleiers en gaan na die kerksaal waar hulle hulle kleingroepe / kategese sal hê. Ons kinderkleingroepe sluit af op dieselfde tyd as die erediens. Ouers kry hulle kinders na afloop van die erediens by die saal.
  • Die tieners (graad 7 tot 11) kan saam met hulle ouers die hele erediens bywoon. Ons tienerkleingroepe begin dan direk na afloop van die oggenddiens in die saal. Dit is belangrik dat die tieners die erediens bywoon aangesien hulle ook die boodskap van die oggend in hulle groepe gaan bespreek.
  •  Behalwe vir ons eredienste en kleingroepe, beplan ons ook ander lekker geleenthede waar ons tieners/ jongmense kan kom deel in: Praise & Worship, saamkuier, of sommer net wees.
Liewe Toringkerkfamilie, geen verandering is ooit vir almal gemaklik en lekker vanself nie. Dit kos soms geduld, aanpas en selfs foute maak. Kom ons doen dit saam, as familie.
Indien jy ’n voorstel wil maak, of deel wil wees van die Erediensbeplanningspan of vir ons wil help dink oor die praktyk van hierdie erediens, kontak ons gerus.
Christo en Jaco
Laas Opdateer op Dinsdag, 15 Februarie 2011 08:02
 

Lewer jou kommentaar hier, asb.


Sekuriteitskode
Verfris

Kopiereg © 2012 Toringkerk NG Gemeente. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
Top