Banier
Banier
WELKOM!   INLIGTING   DIENS   AFLAAIE   LEES   SKRYF   KYK   SKAKELS
Home You are here: Toringkerk.co.za > LEES > Formuliere > Eietydse Tien Gebooie
 
September 2010 Oktober 2010
Su Mo Tu We Th Fr Sa
1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 30

Teken in




   Login reminder    Register

Ons Personeel

Marissa van Zyl.jpg

Teks van die dag

'n Herder bring sy skape na goeie weiveld, hulle eet genoeg en hulle gaan lê. Hy bring hulle na die water en daar gaan hulle lê en rus. So gee die Here ook vir my nuwe krag, Hy leer vir my om reg te lewe, want ek behoort aan Hom. (Ps 23:2,3 - Die Bybel vir almal)

Onlangse Kommentaar

Hierdie week in Toringker
Hallo Gerhard Dankie vir jou kommentaar. Ons is juis besig o
Kaart van Toringkerk
Hallo Francois Ek is bly die webwerf werk vir jou. Dankie vi
Hierdie week in Toringker
Daar is geen skrif oor 'n wegraping en daar is geen skrif oo
Kaart van Toringkerk
Hi, Ek wil julle net geluk wens met 'n fantastiese website.
Ek bedank as Christen
Ek kan dit nie so mooi soos jy stelnie, ds Thom, maar ek ste
Kleurryke geskiedenis
Hallo Dalk moet jy aan die voorsitter van ons eiendomskommis
Kleurryke geskiedenis
EK IS OPSOEK NA MEER INLIGTING VAN DIE KERKEGEBOU. Ek was li
Ek bedank as Christen
'n Mens kan maar net wonder wat die onmiddellike geloofsgeme
Monnik Eksamen
Laat mens altyd weer dink, dankie!
Jesus se menslikheid
Dankie! Dis verhelderend.

Besoekers


Vandag:17
Gister:114
Hierdie maand:965
Laasmaand:3510
Hierdie jaar:7427
Totaal:7427
Meeste/dag:249
Meeste/maand:3510
Sedert:2010-06-09
 
   
Die Tien Gebooie PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Jaco Thom   
Woensdag, 10 Maart 2010 20:44
Ek is die Here jou God wat jou uit die greep van Satan en sondedood bevry het. Jy moet My alleen aanbid en dien. Onthou dat niks of niemand anders jou kan red nie: nie jou geld of jou werk of jou sport of jou vriende nie. Ek het jou deur die bloed van Jesus Christus Myne gemaak, en Ek wil jou vir My alleen hê.

Moenie self besluit hoe jy wil hê Ek God moet wees nie, want Ek is groter as wat jy jou ooit kan voorstel. Jy moet my vereer en liefhê soos Ek jou in die Bybel leer.

Moenie ligtelik my Naam op jou lippe neem om krag aan jou woorde te gee of as jy skrik nie. My Naam is heilig, en jy moet dit net gebruik as jy My aanroep in gebed, of as jy oor My getuig. Onthou ook dat jy as Christen die Naam van my Seun Jesus Christus dra. Leef só dat sy Naam in jou lewe geëer word.

Sondag is die dag waarop Jesus opgestaan het uit die dood. Op dié dag wil Ek hê jy moet die opstanding vier. Rus van alles wat jou so besig hou in die week, sodat jy tyd het vir My en vir jouself en jou mense.

Eer jou ouers, en sien na hulle om as hulle oud geword het.

Mense is vir My kosbaar, en hulle moet vir jou ook kosbaar wees. Moenie iets doen wat ander se lewens in gevaar stel nie, en moenie hulle te na kom deur jou woorde of jou dade of gedagtes nie.

Die huwelik is heilig, en jy moet alles in jou vermoë doen om jou eie huwelik en ander s’n in stand te hou.

Elke mens het die reg om dinge te besit, en jy moet dié reg respekteer.

Praat altyd die waarheid. Moenie leuens oor ander versprei nie; nie openlik nie, en ook nie agteraf nie.

Moenie só op jouself ingestel wees dat jy nie ruimte in jou hart het vir ander nie. Gun ander mense hulle vreugdes en suksesse en wees saam met hulle daaroor bly, want dit is Ek wat dit vir hulle gegee het.
Comments (7)Add Comment
0
Jeannie
Mei 03, 2010
41.133.214.191
Votes: +0
Tien Gebooie

Alles goed en wel behalwe God se Sabbat is Saterdag en nie Sondag nie Jesus het die seremoniele wette laat verval maar beslis nie die Vader se tien Gebooie nie. hulle is nog net so van krag vandag as gister en eergister. Van die kliptafels is hulle verskyf en staan nou op alle ware weergebore Christene se harte geskryf Jesus het die wet kom vervul nie kom vernietig nie. die onderhouding van die gebooie sal jou Liefde tot God en medemens laat leef en floreer en jou laat eet van die boom van die lewe. Selfs in die nuwe Jerusalem sal God se Sabbatdag nog steeds geheilig wees. Sondag is 'n mens gestelde sabbat en nie God Ons Vader sin nie.
Volg julle wette van mense of van GOD. Vra maar net. 100% vir God Ons Vader Jesus Christus

Jaco
Jaco
Mei 03, 2010
198.54.202.78
Votes: +0
Sabbat of Sondag?

Dankie vir jou kommentaar, Jeannie.
Ek stem met jou saam dat Jesus nie die wet kom vernietig het nie. Hy het wel vir ons gehelp om nie net klakkeloos die wette te volg nie, maar ook te vra wat God daarmee bedoel het toe Hy die wette ingestel het. Onder andere het Jesus gesê dat die sabbat vir die mens gemaak is, nie die mens vir die sabbat nie. Die sabbat is bedoel as rusdag waarop ons ons verlossing in Christus kan vier, net soos die Jode hulle verlossing uit Egipte op die sabbat gevier het.
Dit lyk vir ons asof Jesus, om die nuwe bedeling wat met sy verlossing op Golgota aangebreek het te onderstreep, 'n nuwe dag vir die kerk gegee het waarop hierdie verlossing gevier kan word. Daarom staan Hy op die Sondag op, en ontmoet Hy sy dissipels daarná telkens op 'n Sondag. Tog het die eerste Christene die sabbat bly vier, maar ook die Sondag as "die dag van die Here" (sy opstandingsdag), maar later opgehou om die sabbat te vier toe die Jode hulle uit die sinagoges geskop het. Dis hoe die Sondag as rusdag ingekom het.
Ek glo nie dit maak regtig saak of jy Saterdag of Sondag rus van jou week se werk en die Here op 'n besondere manier dien en sy verlossing vier nie, solank jy een dag in die week anders deurbring, as feesdag en rusdag vir die Here. Gaan lees gerus ook Gal 4:9-11 en Kol 2:16, waar Paulus redelik negatief is oor gelowiges wat krampagtig aan bepaalde dae vasklou asof ons saligheid daarvan afhang.

0
Jeannie
Mei 11, 2010
41.133.214.147
Votes: +0
Die Tien Gebooie en Sabbat

Wil maar net verstaan: Kom die HERE se Sabbat dag nie ook voor in die Tien Gebooie nie ? en staan daar nie dat as mens een nie onderhou jy skuldig is aan almal nie? . Nêrens in die Bybel kan ek optel dat GOD sy Sabbat dag kom verander het nie. Sondag Sabbat of erediens is 'n mens ingestelde dag en ons het almal soos slawe gevolg in die tradisie, "so ons bly maar slawe van mense en verkeerde instellings " want ons wil nie kennis optel nie,as ons dit so verkies. Selfs in Openbaring op die laaste sê GOD nog steeds dat die wat sy gebooie bewaar ook die reg sal hê op die boom van die Lewe, asook dat die Sabbat in die nuwe Jerusalem nog steeds gehou sal word. So watter Sabbat sal daar gehou word die een wat deur 'n mens ingestel is of deur GOD SELF? GOD het die dag Geseën en Geheilig

Jaco
Jaco
Mei 11, 2010
198.54.202.78
Votes: +0
Die Sabbat is in Jesus vervul

Miskien moet ek iets sê oor wat dit beteken as ons bely dat Jesus die wet kom vervul het; ook die vierde gebod oor die Sabbat. Dit is nie met Jesus se koms verander nie. Dit is vervul. Dit beteken daarom nie dat die Sondag in die plek van die Sabbat gekom het nie. In Christus is ál die dae van die week nou Sabbat, oftewel dae waarin ons in ons groot en goeie God se sorg kan rus. Ál die dae is nou heilig, nie net een nie.
Die feit dat ons die Dag van die Here op 'n Sondag herdenk, is ook nie iets wat die kerk uitgedink het nie. Dit het geleidelik so ontwikkel in die vroeë kerk, en ons glo dat dit onder leiding van die Heilige Gees gebeur het, net soos die kanon (watter boeke in die Bybel opgeneem is en watter nie) óók deur die Gees se leiding onstaan het, al word daar nie 'n enkele lysie van Bybelboeke iewers in die Skrif vir ons gegee nie.
Soos die Sabbat in die Ou Testamentiese tyd 'n teken was van die verbond tussen God en die volk Israel, so is die Sondag in die Nuwe Testamentiese tyd die teken van ons verbondenheid aan Christus. Met die nuwe verbond wat Christus bewerk het, het daar nuwe tekens gekom, wat verband hou met die ou tekens, maar tog ook nuwe inhoud gekry het.
Nêrens in die Nuwe Testament staan daar dat ons die Joodse Sabbat moet onderhou nie. Paulus skryf dat as ons nog aan die Ou Testamentiese Sabbat vashou, keer ons terug tot die minderwaardige en armsalige wettiese godsdienstige reëls (Gal 4:9).
Hoop my verduideliking help.

0
Jeannie
Mei 12, 2010
41.133.214.147
Votes: +0
Tien Gebooie & Sabbat

Ja baie dankie dit doen. Net nog een vraag asb?
Die Sabbat is nie net vir die Jode ingestel nie as ek my Bybel nou reg lees en verstaan. Die Sabbat dag is al in Genesis 2:2 in gestel by die skepping van die Hemel en die Aarde, dit maak net nie vir my sin dat GOD dit nou sal verander met JESUS nie , Hulle is tog EEN.
Verder het ek ook gelees dat die Rooms Katolieke en ek voeg is dit wat hulle beweer en sê
The Roman Catholic Church

No such law in the Bible "Nowhere" in the bible wiil you find that Jesus or the apostles ordered that the Sabbath is to be changed from Saturday to Sunday. We have the commandment of God given to Moses to keep holy the Sabbath day, that is, the Seventh day of the week, Saturday. Today, all Christians keep Sunday because it has been revealed by us the [Roman] church outside the Bible." Catholic Virginian, Oct. 3, 1947

"You may read the Bible from Genesis to Revelation, and you will not find a single line authorizing the sanctification of Sunday. The Scriptures enforce the religious observance of Saturday, a day which we never sanctified." James Cardinal Gibbons, The Faith of Our Fathers (1917 ed.), pp.72,73

"If protestants would follow the Bible, they should worship God on the Sabbath Day, that is Saturday. In keeping Sunday they are following a law of the Catholic Church." Albert Smith, chancellor of the Archdiocese of Baltimore, replying for the cardinal in a letter of Feb. 10, 1920. Dit skep baie verwarring en die laaste ding wat ek wil doen is om 'n vals leerstelling na te volg daaroor die indiepte ondersoek. Dankie en Groete


smilies/cry.gif

Jaco
Jaco
Mei 12, 2010
41.240.76.144
Votes: +0
Sondag vs Sabbat

Die hele kwessie van Sondag vs Sabbat word baie mooi en uitvoerig bespreek op 'n wonderlike webwerf wat jy gerus kan gaan besoek, nl. www.bybelkennis.co.za. Ek het eenvoudig op die soekfunksie die woord sabbat ingetik en minstens 6 artikels gekry wat direk op jou vrae antwoord. Gaan loer gerus daar in! smilies/smiley.gif

Jaco
Jaco
Junie 07, 2010
198.54.202.78
Votes: +0
...

Hallo Renier
Ek dink nie ons gaan ver kom as ons oor die Sondag/sabbat-kwessie redeneer nie. Buitendien is dit, wat my betref, nie ’n wesenlike saak nie.
Ek dink ’n mens kan heelwat verder vorder deur jouself te vra wat die funksie van die wet dan eintlik in ’n Christen se lewe is. Oftewel: hoe gebonde moet ons ons aan die wet (Tien Gebooie by name) ag? Op dié vraag het Paulus ’n baie volledige antwoord in Galasiërs 2:15 en verder (eintlik gaan die hele brief oor die vraag wat die wet vir ons beteken). Kortliks kom sy antwoord daarop neer dat die Wet se tyd eintlik verby is. In 3:24,25 skryf hy bv: "Ons was dus onder die toesig van die wet totdat Christus sou kom sodat ons deur te glo, vrygespreek sou word. Maar nou dat die tyd van die geloof gekom het, staan ons nie meer onder die toesig van die wet nie." En hoor hoe skerp raak hy in 4:9-11: "Maar noudat julle Hom leer ken het, of liewer, noudat Hy julle ken, hoe val julle dan nou weer terug na daardie minderwaardige en armalige wettiese godsdienstige reëls? Wil julle van voor af weer slawe daarvan wees? Julle hou aan om besondere dae en maande, feesgeleenthede en jare te vier. Ek vrees my harde werk aan julle was dalk tevergeefs."
Ek skat dié gedeelte antwoord jou stelling dat daar geen opdrag in die Bybel is dat ons die sabbat moet los nie.
Soos ek dit verstaan, is die wet, oftewel die Tien Gebooie, steeds vir my ’n riglyn oor hoe God oor ons lewe voor Hom en met mekaar dink. Daarom bly die Tien Gebooie vir my belangrik, ook die 4e gebod, nl. dat een dag in die week anders as die ander dae is, ’n dag om my verlossing in Christus te vier en om te rus van my arbeid deur te breek met dit wat my deur die week vasvang en moeg maak. Die wet bly dus staan, maar sy karakter verander.
Groete
Jaco

Write comment
 
 
smaller | bigger
 

security image
Write the displayed characters


busy
 
Kopiereg © 2010 Toringkerk 2010. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
Top