|
Geskryf deur Elsa Klompje
|
|
Vrydag, 27 Augustus 2010 12:04 |
|
Drie seuntjies spog by die skool oor hulle pappas. Die eerste een sê: "My pa skryf 'n paar woorde op 'n stuk papier, en noem dit 'n gedig en Dan gee hulle hom sommer R500." Die tweede een sê: "Dis nog niks nie. My pa skryf 'n paar dinge op 'n stuk papier, en hy noem dit 'n lied, en Dan gee hulle hom R1000." Die derde seuntjie se: "My pa is nog beter. Hy skryf 'n paar woorde op 'n stuk papier en noem dit 'n preek. En Dan vat dit agt manne om al die geld bymekaar te maak!" ============================================ 'n Tannie van 95 in die aftree-oord ontvang besoek van 'n medelidmaat. Op die besoeker se vraag verduidelik sy dat sy so sleg slaap, want sy bekommer haar so baie. "Waaroor bekommer Tannie dan so baie? Tannie lyk dan so gesond?" "Wel, al my goeie vriende en Bybelstudiegroeplede is al jare gelede dood en hemel toe, en ek is seker hulle wonder al lankal waarheen ek dan gegaan het." ============================================ 'n Man was per motor op pad werk toe, toe hy in 'n botsing betrokke is en bewusteloos gestamp word. Verbygangers het hom uit die wrak gehaal en bygebring. Skielik begin hy vreeslik spartel en die paramedici moes hom 'n kalmeerinspuiting gee. Nadat hy gekalmeer het, vra iemand hom hoekom hy so gespartel het. "Ek onthou die slag, maar niks daarna nie," sê hy. "Toe ek bykom, lê ek op 'n betonblad voor 'n groot verligte 'Shell'-teken. Maar iemand het voor die 'S' gestaan ..." ============================================ Die Sondagskoolonderwyseres het eendag vir die kindertjies gevra waarom hulle in die kerk moet stilsit. 'n Baie skerp dogtertjie antwoord toe vinnig: "Omdat die ouderlinge slaap."
============================================ Klein Bobby het die naweek by sy ouma gaan kuier. Dit het oornag gesneeu en Ouma besluit om die seuntjie die Saterdagoggend na die park te neem. Alles was pragtig en spierwit. Sy ouma merk toe op: "Dit lyk presies soos 'n skildery! Weet jy dat God hierdie prent spesiaal vir jou geskilder het?" Bobby se: "Ja. Hy het, en Hy het dit met sy linkerhand gedoen." Ouma kon nie die kloutjie by die oor kry nie, en vra toe: "Hoekom sê jy dat God dit met sy linkerhand gedoen het?" "Wel," verduidelik Bobby, "Ons het laasweek by die Sondagskool geleer dat Jesus op God se regterhand sit." ============================================ Die seuntjie het nie baie goed op skool gedoen nie. Eendag kom staan hy langs die juffrou en sê: "Ek wil nie vir Juffrou laat skrik nie, maar my pa het gesê as my punte nie verbeter nie, gaan iemand 'n goeie Pak slae kry!"
|