|
Geskryf deur Webmeester
|
|
Vrydag, 23 Julie 2010 17:03 |
|
Toringkerk het reeds vir jare ’n betrokkenheid by die Lingelihle Crèche in Mbekweni. Die kerkraad het enkele jare gelede besluit om nog twee klaskamers by die oorvol skooltjie te laat aanbou, maar ons kon dit tot nog toe nie doen nie omdat die grond se transportakte weg was. Al die papierwerk is nou uiteindelik in orde, en ons gaan (DV) hierdie kwartaal die bul by die horings pak, onder die bekwame leiding van Hans van der Sluys. Dis ’n duur onderneming, maar ons glo dat dit ’n saak van die Here is. Sodra ons besonderhede het van die koste, sal ons met syfers en maniere om die werk te befonds, na die gemeente kom.
|
Lewer jou kommentaar hier, asb.