KINDERKLEINGROEPE

Kinderkleingroepe is Toringkerk se ‘kinderkerk’. Tydens eredienste kom die kinders saam met hul ouers kerk toe en daarna stap die kinders en leiers saam oor na die Klein Toring Saal, waar die kinderdiens plaasvind. Daarna word die kinders in hul ouderdomsgroepe verdeel, waar die tema verder bespreek word. Ons poog om ‘n veilige platform te wees vir die kinders, waar hul vrylik die Bybel en die Heilige Gees kan ervaar. Ons kinderkleingroepleiers is gemeentelede en mede-ouers wat ‘n passie het om deel te vorm van hierdie platform.

Hoe werk dit?
Die kinders kom saam met hul ouers kerk toe en na afloop van die kindermoment in die erediens, stap die kinders saam met die kinderkleingroepleiers na die Klein Toring Saal, oorkant die pad.

Ouderdomme?
Voorskool (4 jaar) tot Graad 6

Wanneer?
Kinderkleingroepe is elke Sondag tydens eredienste, behalwe tydens skoolvakansies en langnaweke. Toringkerk het geen afnaweke in die kwartaal vir die kinders nie, so die kinders is altyd welkom.

Tye?
Somer (Oktober – Maart):
Eredienste begin 9h00 en kinderkleingroepe eindig wanneer die erediens eindig.

Winter (April – September):
Eredienste begin 9h30 en kinderkleingroepe eindig wanneer die erediens eindig.

Gesinsdienste:
Familie is vir ons uiters belangrik. Soveel meer om die geleentheid te skep vir families om saam in hul geloofspaaie te kan groei, ten spyte van hul ouderdomme. Toringkerk hou toenemend meer gesinsdienste waar kinders saam met hul ouers die erediens bywoon. Hierdie eredienste is interaktief, waar kinders betrek word in die vloei van die erediens en die hele gemeente saam die erediens geniet. Tydens hierdie dienste sal die kinders ook vooraf aktiwiteite in die voorportaal kan saamneem na hul sitplekke. Die predikante sal die kinders lei rondom die voltooi/invul hiervan. Dit is vetpret!

Ouers:
Ons nooi alle ouers uit om die eredienste by te woon in die kerk, wanneer die kinderkleingroepe voortgaan in die saal. Indien jy as ouer graag die kinderdiens wil bywoon, sal ons jou graag wil inskakel by ‘n groep as leier oor ‘n spesfieke graadgroep.

Die Kinderkleingroepe inskrywingsvorm kan hier afgelaai word.

Indien jy verder betrokke wil word, kontak gerus vir [email protected]