KOSHUISBEDIENING

Huis Theo Pauw, Hoërskool Labori
Huis Theo Pauw is die seunskoshuis van Hoërskool Labori in die Paarl. Op Donderdaeaande besoek ons die koshuis, waar ons Bybelstudie hou met die seuns. Verskeie onderwerpe van die Bybel en die lewe word saam bespreek, waar die seuns dan ook daarna opdeel in kleiner groepe vir verdere bespreking, onder leiding van die leraar. Hier word daar ook op leierskapsvaardighede gefokus, om sodoende die seuns te bemagtig om die vrymoedigheid te hê om as geestelike leiers op te tree in hul koshuis, skool asook die lewe buite skool.

Indien jy verder betrokke wil word, kontak gerus vir [email protected]

Huis Kalahari Visser, Paarl Gimnasium
Huis Kalahari Visser is die gemengde Graad 8 koshuis van Paarl Gimnasium. Hierdie Graad 8’s kom elke Dinsdagaand na die Klein Toring Saal vir opwindende Tieneraande. By hierdie geleenthede fokus ons daarop om die Evangelie van Jesus op verskeie wyses met die tieners te deel.  Ons sing saam, luister saam, gesels saam en groei saam. Ons deel ook die tieners op in kleiner groepe, waar ons verder gesels en vrae vra oor die Bybel, geloof en ook oor ons eie geloofsreise. Gemeentelede van Toringkerk vorm deel van die leierspan en lei dan ook die kleingroepe by hierdie Tieneraande.

Indien jy verder betrokke wil word, kontak gerus vir [email protected]