Liewe Toringkerk familie en mede-gelowige,

Geniet die erediens saam met ons.

Hier is die resep vir hierdie week.

HOENDERSLAAI:

Benodighede:
– 150g pasta
– 120g hoenderborsies
– 45ml laevet jogurt
– sout en peper
– 30ml mayonnaise

Instruksies:
Kook die pasta in vinnige kokende water. Gooi die water af, en meng die gaar pasta liggies met die mayonnaise. Laat dit alles afkoel. Vlok die hoender en meng dit by die pasta.
– Jy kan kersietamaties halveer en byvoeg
– Asook uie fynkap en byvoeg
– En/of aasblokkies, neute of bosbessies byvoeg

Dek dan die tafel met drie simbole: ‘n roos, ‘n blomknop, een of ander doringrige struik uit die tuin. Gee dan vir elkeen om die tafel kans om sy of haar belewing van die week met die groep te deel.

Roos: Wat was die afgelope week vir jou mooi? Iets wat jy gesien of gelees het, of sommer net ‘n ervaring wat vir jou mooi was.

Doring: Wat was die afgelope week vir jou sleg? Iets waaroor jy teleurgesteld, hartseer, magteloos voel – iets wat jou omgekrap het.

Knop: Waar het jy dié week potensiaal gesien, of tekens van hoop wat inspireer?

Geniet hierdie maklike en lekker resep saam aan tafel.

Amen