Liewe Toringkerk-familie en mede-gelowiges,

Geniet die erediens saam met ons.

Hier is die resep vir hierdie week.

VETROLLETJIE RESEP:
(Skilferkors met kaas en spek) – RSG Tjailatyd

Benodighede:
– 1 rol skilferkors
– 1 pakkie spek
– 1-2 koppies Cheddarkaas, gerasper

Instruksies:
– Rol die dee goop en plaas in ‘n plat pan
– Strooi die kaas oor
– Plaas die spekrepies bo-op
– Rol die deeg op in ‘n rol
– Bak teen 180 grade vir 45 minute
– Sny in skywe
– Bedien met slaai

Dek dan ook die tafel met drie simbole: ‘n roos, ‘n blomknop, een of ander doringrige struik uit die tuin. Gee dan vir elkeen om die tafel kans om sy of haar belewing van die week met die groep te deel.

1) Roos: Wat was die afgelope week vir jou mooi? Iets wat jy gesien of gelees het, of sommer net ‘n ervaring wat vir jou mooi was.

2) Doring: Wat was die afgelope week vir jou sleg? Iets waaroor jy teleurgesteld, hartseer, magteloos voel – iets wat jou omgekrap het.

3) Knop: Waar het jy dié week potensiaal gesien, of tekens van hoop wat inspireer?

Geniet hierdie maklike en lekker resep saam aan tafel.
Geniet mekaar.

Amen