VISIE & WAARDES

Efesiërs 3:14-21

Daarom kniel ek in gebed voor die Vader aan wie die hele gemeenskap van die gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het. Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van Sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begrip hoe wyd en vêr en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagtye heen tot in alle ewigheid.

Diep in die Here gewortel, wy ons ons lewe aan Hom en deel ons Sy liefde wyd en vêr.

Kom tuis.

  • As deel van Toringkerk familie, glo ons dat ons mede-reisigers is op hierdie lewenspad.
  • Ons glo ons bestaan nie vir onsself nie, maar word eerder deur die Here geroep om uitgestuur te word om hemel aarde toe te bring.
  • Om mede-verantwoordelikheid te neem vir geestelike verdieping en die uitleef van die vrugte van die Gees in ons allerdaagse lewe, deur deel te neem aan eredienste, kleingroepe en bedieninge.
  • Om nuwe lede van ons Toringkerk familie te verwelkom en saam te reis as navolgers van Jesus.
  • Ons verstaan dat ons met tye van mekaar kan verskil, maar ons kies om met deernis en liefde met mekaar te kommunikeer.
  • Ons is broos, menslik en maak foute, daarom sal ons nooit te kenne gee dat ons al die antwoorde het of die einde van die reis bereik het nie.
  • Ons besef dat die lyne tussen wie binne en wie buite die gemeente is, nie altyd so duidelik is nie, daarom is alles wat ons doen missionaal van aarde en deel van Gode se beweging na die wêreld.
  • Om as rentmeesters van tyd, bronne, vaardighede en gawes verantwoordelik te gebruik en diensbaar te stel in die Koningkryk van God.

Ons poog om ‘n Handelinge 2:43-47 gemeente te wees. In die boek van Handelinge leer ons van die gelowiges in die vroeë kerk. In 2016 het ons as gemeente onderneem om te fokus op 3 waardes uit hierdie teks:

In biddende afhanklikheid sien ons mense raak en deel ons wat ons het.

Handelinge 2:43-47

Die apostels het baie wonders en tekens gedoen en dit het almal met diep onsag vervul. Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaar gekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blytskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goed gesind. En die Here het elke dag mense wta gered word, by die gemeente gevoeg.

Jana van den Munckhof
Leraar

  • Gemeenteraadsvoorsitter
  • Genesing & Toerusting
  • Spirituele formasie
  • Uitreik/ Inreik

Ryno Els
Leraar

  • Musiek en Eredienste
  • Gemeentebou
  • Kleingroepe

Janneke Marais
Diensleraar: Maatskaplike werker en Jeugbediening

  • Maatskaplike werk / Gemeenskapsontwikkeling
  • Sosiale Media
  • Kinders & Tieners

Dawfre Theron
Leraar

  • Tentmakerspos
  • Ondervoorsitter van Gemeenteraad

Annelie Koegelenberg
Kerkkantoor

Connie Jacobs
Koster

Mario Nel
Orrelis

Leon van Niekerk
Terreinwerker

Kenwin Philander
Terreinwerker

BYBEL LEES

Die Bybel staan sentraal tydens die proses van geloofsvorming, maar nie bloot as ‘n boek wat handige en interessante inligting bevat nie, maar veral as ‘n boek wat relevant is vir ons daaglikse en geleidelike transformasieproses.

Joh 1:1 – 5; 14

In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

Ons is op reis saam met Jesus waar ‘n klein groepie gelowiges besin oor Jesus relevansie in ons lewens. Elke week is daar ritmes en gewoontes wat opgevol word deur ‘n weeklikse Zoom sessie. Kom stap saam.

LECTIO DIVINA

Die herontdekking van die ou luistermetodiek van die kerk, Lectio Devina, speel ‘n belangrike rol in hierdie proses. Hoor God se stem as jy Bybel lees. Dit is anders as Bybelstudie.

Informatiewe lees

  1. Lees met die verstand om te begryp
  2. Kwantiteit
  3. Verstaan
  4. Haastig
  5. Informasie
  6. Om kennis te versamel
  7. Beheer
  8. Om te doen / “Doing”
  9. Funksioneel: die Bybel as gebruiksartikel

Formatiewe “Lectio Divina” lees

  1. Lees met die hart om te ontvang
  2. Kwaliteit
  3. Luister
  4. Wag
  5. Transformasie
  6. Verhouding: om iemand beter te leer ken
  7. Broos
  8. Om te wees / “Being”
  9. Relasioneel: die Bybel is die stem van God

Die proses van Lectio Divina kan as volg opgesom word:

  1. Word stil: Kom tot rus in die wete dat God teenwoordig is. Dink aan die woorde van Ps 62: “Net by God vind ek rus…” Gee die dinge wat jou pla aan die Here oor.
  2. Lees ‘n skrifgedeelte: Verkieslik nie langer as 10 – 12 verse nie. Vra die Heilige Gees om met jou te praat. Lees die skrifgedeelte hardop. Probeer verstaan wat jy lees.
  3. Dink na oor die skrifgedeelte: Hoe word my lewe geraak deur dit wat ek gelees het? Watter woorde, sinnetjie, moment of beeld staan vir my uit en bly by my? Gaan “sit” in daardie woord of beeld en luister na wat God vir jou wil sê?
  4. Gebed van die skrif: Lees die skrifgedeelte vir ‘n derde keer. Praat met God daaroor op die grond van wat jy by Hom gehoor het.
  5. Oordenking: Rus, en wag, in stilte om te kan luister. Vra: “Is daar iewat wat U verder vir my wil sê, Here?”
  6. Gaan leef die teks deur die krag van die gees. Wees bedag op die fluistering van die Gees gedurende die dag.

DAAGLIKSE NADENKE VIR DIE PRODUKTIEWE MENS

Ignasius van Loyola, ‘n Spaanse geestelike van die vyftiende eeu, het die Society of Jesus begin wat tot vandag toe ‘n groot invloed uitoefen. Hy het onder andere aan ons die “Daily Examen” proses van nadenke nagelaat. Doen hierdie oefening gou by jou kantoor dat die dag nie na een groot gejaag voel nie. Pop in by God voor jy verder gaan.

06:00 Dankbaarheid: Begin om te rus in God se teenwoordigheid deur ‘n gesindheid van dankbaarheid. Vind een ding om voor dankbaar te wees al gaan jy deur ‘n moeilik tyd. Laat toe dat dankbaarheid jou beheer.

10:15 Gebed van insig: Bid dat die Heilige Gees jou bewus maak van wat jy nou nodig het. Maak jouself oop om in die kar/ voor die rekenaar /  in die kantoor / in watter spasie okal, jouself bloot te stel vir God se lig.

13:15 Vind God in alle dinge: Ondersoek die dag wat reeds verby is:

  • Wat het alles gebeur van vroegoggend tot nou?
  • Met wie was jy in kontak gewees?
  • Watter gedagtes is die meeste in jou kop vandag?
  • Hoe word jy deur God nader getrek op die oomblik?
  • Waarheen roep God jou spesifiek, vandag?

Moenie fout soek nie, fokus op God wat elke stukkie van jou dag saam met jou reis.

17:30 Petisie: Druk jou diepste begeertes vir God uit deur gebed. Liewe Vader, op hierdie oomblik vra ek… vir krag, vir moed, vir wysheid, die vermoë…

21:00 Die toekoms: Hoe sal jy die res van die aand spandeer? Rus in God se goedheid. Sluit af met die Onse Vader.

DIE KAR RITUEEL

Die kar ritueel is vir ouers en gesinne wat kinders heen en weer ry in die dorp. Die gedagte is om op die pad saam te bid. Laai gerus die prentjie af op jou foon om jou te herinner aan die ritueel. Die idee is dat hierdie ritueel so deel word van julle daaglikse roetine, dat die prentjie nie meer nodig is nie.

Laai gerus die kar ritueel af in PNG formaat, wat jy maklik op jou selfoon kan stoor:

LAAI HIER AF

DIE ETENSTAFEL

Die belangrikste meubelstuk in elke huis is die tafel. Dit is hierdie selfde tafel waar Jesus ook brood gebreek het en wyn gedrink het. Om hierdie tafel vind konflik, eerlikheid, broosheid, viering en vergifnis plaas. Dit is vir ons van kardinale belang dat gesinne minstens een ete per dag, verkieslik aandete, saam eet.

Een manier om jou maaltye ’n geloofsgewoonte te maak is om baie meer bewustelik met kos om te gaan. Baie van ons sluk ook ons kos so vinnig dat ons dit nie eens regtig proe nie. Thich Nhat Hanh skryf: “Drink your tea slowly and reverently, as if it is the axis on which the earth revolves – slowly, evenly, without rushing toward the future; live the actual moment. Only this moment is life.”

Wanneer laas het jy stadig genoeg geëet dat jy elke happie kon proe en geniet? Wanneer laas het jy die skoonheid en die kleure van die kos op jou bord raakgesien, en dit waardeer? Of aan ’n lemoen geruik, of die tekstuur van kos waargeneem?

Hoe sal dit wees as ek en jy regtig met al ons sintuie ’n maaltyd bewustelik geniet? Hoe sal dit wees as ons die kos op ons bord raaksien, ruik, voel, miskien selfs hoor en werklik proe? En in dié sien, ruik, voel, hoor en proe bewus word van God se goedheid en versorging in ons lewe.

Daar is ook iets daaraan om saam met ander aan te sit en ’n maaltyd te geniet. Leonard Sweet skryf in een van sy boeke: “The table is the place where identity is born – the place where the story of our lives is retold, reminded, and relived.”

Etenstyd kan jou herinner en verbind aan 3 goed:

  • ʼn Ete verbind jou met die aarde: Dink aan die grond en die plaas van waar die kos kom. Daar was mense wat gehelp verbou het aan die produkte en gesorg het dat jy dit kan gebruik. Geniet elke porsie se geur en kleur.
  • Verder verbind etes jou met jou reisgenote deur die lewe. Deur werklik te luister na hulle en teenwoordig te wees, verbind dit jou met jou tafelgenote op ʼn dieper vlak. Soek na tekens van God se vingermerke in elkeen se lewe om die tafel.
  • Daar vind ook ʼn verbintenis met God plaas soos jy, by voorbeeld, die Gewer se teenwoordigheid ervaar in die lewe wat om die tafel gevier word deur lag en traan! Wanneer jy die Sondagmiddagete geniet, probeer in die voorbereiding, ete en afdek van hierdie verbande bewus wees. Jou tafelgebed kan iets verwoord van die drie verbande. Eintlik is elke ete heilig! Laat hierdie ete dus ʼn oefening wees om jou etes hierna in ʼn dieper stroom van die lewe te laat plaasvind – meer as net ʼn oppervlakkige versadiging van honger.

Luister na die klanke van die eetgerei, na elke geluid en gesprek.  Probeer jou indink hoe jy dit alles in volkleur beleef.  Proe elke happie met keurige sensitiwiteit vir smake en geure.  Kou stadig en laat die kos jou voed.  Ervaar hoe God jou daaglikse brood gee en by jou is.  Besef dat die Here jou siel ook daagliks voed.  Laat die kos ‘n nagmaal wees waarin jy die eenheid met God en mense in dankbaarheid beleef.

DOOPVONT

Die doop is die beginpunt van jou reis saam met Jesus. By die deure van die kerk wil ons graag doopbakke plaas, sodat jy voor en na elke erediens jou hand in die water kan druk. Hierdie water is die teken dat Jesus vir jou kies, as Sy geliefde Kind! Dit is jou identiteit.

Druk gereeld jou hand in ‘n bak water of as jy verby ‘n fontein stap en fluister hierdie woorde vir jouself: Jesus is Heer, Jesus is Hier.

Met sulke simboliese dade tydens oorhaastige werksdae en oorvol dagboeke, maak ons tyd dat God saam met ons beweeg. Sodat ons Hom intensioneel-bewustelik ervaar.

MEMORISEER TEKSTE

Die memorisering en herlaling van Bybelse tekste wat in jou kar se sonpaneel geplaas is, help jou om weekliks intensioneel gefokus te wees op God.

Skryf ‘n paar tekste neer en plaas dit op jou rekenaar skerm by die werk, in die sonpaneel van jou motor of in jou beursie. Dit waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor.

ASEMHALING OEFENINGE

Sonder jouself iewers af tydens middagete en herhaal die woorde as jy inasem: “Jesus is Heer” en as jy uitasem “Jesus is Hier”. Fokus op Jesus in jou dag en lewe waar jy nou rus in Hom by die werk, skool of huis.

1) Kinders: Woordgebed

‘n Kinder Woordgebed is om ‘n versie uit die Bybel oor-en-oor hardop of in jou gedagtes te sê. Dit help ons om op God te fokus.

Laai Af 

2) Kinders: Gebed van die hart

Die Kinder gebed van die hart help ons om ons rustig te maak en op God te fokus. Om te bid kan mens laat rus en laat rustig voel. Jy kan veral hierdie gebed bid wanneer jy moeg of angstig voel.

Laai Af 

3) Kinders: Staan-op-‘n-krans gebed

Die staan-op-‘n-krans gebed is ‘n gebed wat ons kan bid wanneer ons glad nie lekker voel nie. Wanneer ons bid, kan dit ons vry maak van hierdie gevoelens wat ons nie lekker laat voel nie.

Laai Af

4) Kinders: Bekommernisgebed

Die bekommernis gebed is ‘n gebed wat ons help om God te soek! Jy kan veral hierdie gebed bid wanneer jy baie bekommerd is oor iets wat gebeur het of iets wat nog gaan gebeur.

Laai Af

5) Kinders: Seer-gebed

Die seer gebed help ons wanneer ons harte baie seer is. Gebed kan ons harte weer heel maak. Jy kan hierdie gebed bid veral wanneer jou hart baie seer is oor iets wat gebeur het wat jou hartseer maak of iemand wat jy baie mis. 

Laai Af

6) Kinders: Tuiskomsgebed

Die tuiskoms gebed help ons om nie alleen te voel nie! Gebed nooi ons ook uit. Jy kan veral hierdie bid wanneer jy baie alleen voel.

Laai Af 

GESKIEDENIS

Op Dinsdag 20 Maart 1877 is die eerste kerkgebou ingewy op die plek waar die kerk¬saal tans staan. Die kleed op die preekstoel was ’n engel met die evangelie in sy hand – “Het Eeuwige Evangelie”. Onder leiding van Seppie de Villiers en ds WA Joubert is die huidige Toringkerk se hoeksteen op 8 April 1905 deur dr Andrew Murray gelê. Die kerkgebou het £19600 gekos. Dit sluit nie die £3000 vir die grond in nie. Die banke, preekstoel, orrel, ligte en omheining het ’n verdere  £4570 gekos. Dr FB Meyer, die inter¬nasionale opwekkings¬prediker, het op besoek aan SA die kerk “a dream of beauty” genoem.

Die kruis as simbool van ons redding is die belangrikste Christelike simbool. Tog vertoon tradisionele Protes¬tant¬se kerke nêrens opsigtelik ’n kruis (soos die Roomse kerke) nie; nie teen die muur of op die toring nie. Dit beteken nie dat ons dié belang¬rike simbool verloor het nie, want die kerk se grondplan vorm ’n kruis – seker een van die grootste (en sierlikste!) kruise van al die kruisvormige kerke in Suid-Afrika. Met sy gekleurde vensters en statige ronde boë in die binnekant van die kerk en met sy spitsboë aan die buitekant vorm die argitektuur ’n mengeling van die ou Romaanse en Gotiese boustyle van die Middeleeue, en skep dit ’n onmiskenbaar gewyde atmo¬sfeer. Dit is asof die hoë gewelf die gedagtes al dadelik na hoër dinge voer.

Die 57m hoë kerktoring wys soos ’n groot vinger na die Een wie se gemeente dit is. ’n Ander opvallen¬de motief in die kerk vind ons in die houtwerk in die dak, waar die kappe aan die doringkroon van Jesus herinner. Ook die balke het doringpunte.

Die vierde groot simbool in die kerk is die sg. “fleur de lis” -motief in die gekleurde vensters. Dié simbool het ’n tweërlei betekenis: die fleur de lis is ’n ou kerklike sim-bool vir die goddelike Drie-eenheid, Vader, Seun en Heilige Gees. Daarby is die kleure van die blom in ons kerkruite (ligroos, geel en oranje) dié van die Aurora-waterlelie, wat herinner aan ons bande met ons Hugenote- en Nederlandse voorvaders. Dit was die Hugenote wat dié besondere waterlelie uit Frankryk na die Paarl-Vallei gebring het. Dit is veelseggend dat juis die Aurora-lelie as motief in die kerkruite gebruik is. “Aurora” beteken “opko¬men¬de son”, en sluit mooi aan by die leuse “sol justitiae illustra nos” (die Son van geregtig¬heid bestraal ons) van die Afrikaanse taalstryders wat as die vaders van Toringkerk beskou kan word. Dit is die leuse van die Gimnasium, asook van die Kweek¬skool op Stellen¬bosch. Soos die son met dagbreek die hemelruim met ’n kleurespel versier, so word, deur die werk van die Heilige Gees, die veelkleurige rykdom van God se genade ook in Toringkerk en haar lidmate sigbaar. Daarom word ook die ander kleure van die reënboog in die gekleurde ruite gebruik.